SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Joernalistiek is een van die lonendste en mees bevredigende beroepe ter wêreld omdat dit die enigste beroep is waarin jy jouself ten volle kan uitleef, kreatief en uitdagend kan wees, terwyl jy ongelooflike vryheid van gees ervaar. In die wêreld van joernalistiek is daar onbeperkte moontlikhede, want die werk gaan nie net oor skryf nie, maar oor die kans om die wêreld te beïnvloed en belangrike stories aan die lig te bring. Dit is juis daardie vryheid wat baie mense na joernalistiek lok – die vermoë om 'n storie op jou eie terme te vertel en die samelewing se verhaal te vorm.

Die hede is 'n interessante tyd om 'n joernalis te wees. Die nuusbedryf is voortdurend in beweging, en elke dag, elke uur, elke oomblik, bring nuwe waardevolle nuus en inligting wat met die wêreld gedeel moet word. Tyd wag vir niemand nie, en nuus ook nie. Of jy dit nou soek of nie, nuus gebeur net. Hierdie dinamiese aard van die joernalistieke wêreld beteken dat as jy joernalistieke ink in jou are het, die nuus jóú heel waarskynlik sal vind en jy sal dit op jou unieke manier vertel.

Ons joernalistieke skryfkursusse bied 'n komplekse en omvattende leerervaring wat alle vlakke van joernalistiek dek. Omdat daar 'n wye verskeidenheid joernalistieke velde en -skryfstyle is, het ons kursusse vir beide beginners sowel as ervare joernaliste wat reeds ‘n basiese kennis het, maar hul vaardighede verder wil uitbrei.

Ons kursusse sluit die volgende afdelings in:

  • Algemene joernalistieke kursusse: Dit is perfek vir diegene wat nuut is in die wêreld van joernalistiek. Ons sal jou leer hoe om nuus te identifiseer, stories te ondersoek, onderhoude te voer en nuuswaardige inhoud te skryf. As jy 'n passie het om stories te vertel, is hierdie kursusse die perfekte beginpunt.

  • Gespesialiseerde/Gevorderde kursusse: Vir diegene wat reeds minstens een beginnerskursus in joernalistiek voltooi het of in 'n spesifieke veld wil spesialiseer, het ons die ideale keuse van gespesialiseerde kursusse. Dit sluit ondersoekende joernalistiek, korporatiewe joernalistiek, omgewingsjoernalistiek, en digitale joernalistiek in. Hierdie kursusse sal jou nie net toerus met die basiese vaardighede nie, maar jou ook diepte-kennis van jou gekose veld gee.

  • Omvattende joernalistieke kursusse: Vir diegene wat ernstig is oor 'n loopbaan in vryskutjoernalistiek, het ons omvattende kursusse wat jou sal lei om jou eie vryskutonderneming te bou. Dit sluit vryskutjoernalistieke werk in wat jou nie net ‘n winsgewende inkomste kan besorg nie, maar ook die vryheid om jou eie werkrooster te bepaal. Hierdie kursusse sal jy alles leer: van die regte werkmetodes tot die begin van jou vryskutjoernalistieke loopbaan.

Joernalistiek is 'n uitdagende, maar opwindende wêreld. As jy nuuskierig is, en jy wil leer hoe om stories te vertel wat mense regtig raak, sal hierdie kursusse jou die gereedskap en kennis gee om te begin. As jy die uitdagings wat nuusberigte inhou, wil verstaan, jou eie nuusblad wil begin of as 'n vryskutjoernalis wil werk, is ons kursusse die ideale platform vir jou. Kom sluit sommer vandag by ons aan en ontdek hoe nuus die wêreld kan vorm een storie op 'n slag.


 

Algemene Joernalistiek  

 

 

 

 

 

Tydskrifjoernalistiek

Christelike joernalistiek

Praktiese kursus in Artikels skryf

Gemeenskapsjoernalistiek

Harde nuus-verslaggewing

Nuusjoernalistiek in die digitale era

Basiese kursus in Joernalistiek

Reisjoernalistiek

Inleiding tot Fotojoernalistiek

Allemansjoernalistiek

 
 

 

Gevorderde Joernalistiek

 

 

 

 

 

 

Feature-artikels

Korporatiewe joernalistiek

Die kuns van profiele skryf

Ondersoekende joernalistiek

Gevorderde Tydskrifjoernalistiek

Omgewingsjoernalistiek

Ware lewensverhale

Ware misdaadverslaggewing

Die kuns van Radionuus

Skryf vir oorsese markte

Tweetalige joernalistiek

Humorartikels

Opiniestukke

Rubrieke

Kreatiewe joernalistiek

Resensies

     Boekresensies

     Fliekresensies

     Kosresensies

     Musiekresensies

Skryf webartikels wat wérk

Digitale joernalistiek

 

 

 

Omvattende Joernalistiek

 

  

Alles-in-EEN-Joernalistieke kursus

Volledige Fotojoernalistieke kursus

Omvattende Joernalistieke kursus

Volledige Tydskrifjoernalistiek

 


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse