Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne
Hier is dit uiteindelik! Jou
reddingsboei in die onstuimige vryskutvaarwaters … die blad waarvoor
jy dalk al jare lank gewag het! Ons verstaan, want ons het self vir
jare gewag dat iemand iets so belangrik vir Afrikaanse
vryskutskrywers sou begin. Maar jy weet hoe dit gaan ... as jy iets
gedoen wil hê, moet jy dit maar self doen!
Maar nou, in alle erns: ons het koppe bymekaar gesit en deeglik oorweeg wat presies Afrikaanse vryskutskrywers die meeste nodig het om ‘n suksesvolle vryskutbesigheid te bou. Ons het die nodige navorsing gedoen, en al die belangrike elemente wat jy nodig het, is hier uiteengesit. Jy kan gerus na die resultate kyk en besluit wat jou vryskutpaadjie die beste gaan bevorder.
Ons wil dit hê dat hierdie platform jou effektief en vol vertroue na die volgende vlak van jou vryskutloopbaan lei. Daarom het ons elke detail oorweeg om te sorg dat jy al die nodige gereedskap en inligting het om suksesvol te wees.
Indien daar iets is wat jy graag sou wou sien, of as ons dalk iets oorgesien het, laat weet ons asseblief. Ons waardeer jou insette en sal ons bes doen om dit reg te stel, waar moontlik, sodat ons altyd die beste moontlike diens aan Afrikaanse vryskutskrywers kan lewer.
As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.
Ons
hier by SA Vryskutskrywer weet dat vryskutwerk veral besonder stresvol kan wees
wanneer die maand einde se kant toe staan.
Almal weet ook dat arme vryskutskrywers met 'n allemintige 25% op elke betaling belas word. Dis waarom ons oral en by almal gaan kers opsteek om jóú te help om daardie swaar belastinglas op 'n WETTIGE manier te verminder.
Jy mag dalk dink dat bemarking nie juis iets is waaraan 'n vryskutskrywer hom moet steur nie, maar niks is verder van die waarheid nie. Jy is 'n besigheid op sigself en as sulks moet jy jouself bemark sodat jy meer werk kan inkry.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.