Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste
Skryfdienste
Vanselfprekend is skryfwerk SA Vryskutskrywer se grootste bestaansreg. Nie alleen voorsien ons heel moontlik die mees uitgebreide verskeidenheid skryfkursusse en -hulpmiddels aan Afrikaanse skrywers nie, maar ons bied ook skryfdienste aan wat in enige behoefte sal voorsien.
Boonop kan ons spog met 'n groeiende
netwerk professionele vryskutskrywers wat
met
hul kreatiewe talente en vermoëns maklik die hele wêreld onder die tafel sal kan
inskryf.
Wat ons bied:
Navorsing vir jou skryfwerk
- vanaf R150 per uur, afhangende van die spertyd en
ingewikkeldheid.
Skryf van Artikels - enige onderwerp of joernalistieke genre,
vanaf R2 per woord, afhangende van die hoeveelheid
woorde, ingewikkeldheid
van die onderwerp, tipe teks, dringendheid van die sperdatum, ens.
Skryf van Toesprake volgens die kliënt se voorskrif - vanaf R350 per
toespraak, afhangende van die tydsduur, hoeveelheid
woorde,
ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.
Meer inligting hier ...
Opstel van CV's - ‘n CV is jou beste bemarkingsinstrument.
Dis waarom dit noodsaaklik is om joune professioneel op te stel. Dis jou enigste
en beste persoonlike advertensie. Ons kan help.
Skryf van
Rubrieke - enige onderwerp, vanaf R2.50 per woord, afhangende van die
hoeveelheid woorde, ingewikkeldheid van die onderwerp, sperdatum, ens.
Skryf
van
Verslae - vanaf R100 per bladsy, afhangende van die ingewikkeldheid van die
verslag.
Spookskryf van boeke en artikels - vanaf R100 per uur, sluit navorsing en
onderhoude in.
Nuusbriewe - samestelling volgens kliënt se voorskrif - R300 per uur vir eenmalige
projekte; R120 per uur vir maandelikse en gereelde projekte. Om nuusbriewe te
versprei,
kontak ons.
Nuusvrystellings (persverklarings) volgens behoefte en voorskrif - R245 per
nuusvrystelling.
Skryf en opstel van Sakeplanne - vanaf R350, afhangende van die omvang van die
sakeplan.
Saamstel van
Gedenkboeke - vanaf R120 per bladsy, navorsing ingesluit .
Konsultasiedienste
- R245 per uur.
Skryf van Webartikels of Blogs - R650 per artikel, navorsing ingesluit.
Nuusverslaggewing
- R450 per berig, sluit navorsing en onderhoudvoering in.
Skakel- en promosiewerk vir besighede, dienste of produkte - R250 per
uur, sluit persvrystelling en advertensie in.
Mentorskap - Hoewel nie elke skrywer
'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n
mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk
iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en,
belangrikste van alles – motivering.
Meer inligting hier...
Het
ons iets uitgelaat?
Kontak ons
indien die skryfdiens wat jý benodig dalk nie hier aangedui word nie.
Geen twee werke
is dieselfde nie en daarom is ALLE fooie onderhandelbaar.
Ons bied
verskillende betaalplanne en afbetalingsopsies aan.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.