Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed
Skryfaanhalings
Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersęgoed te begin?
Skryf is, benewens harde werk
en 'n Trojaanse toertjie in selfdissipline, ook 'n magiese ervaring. ~
Chanette Paul
~
~ J
Skrywers is die swartskape van die
gemeenskap en dit is goed om af en toe saam met hulle dronk te word. ~ Etienne
Leroux
Die węreld se
enigste veilige plek is binne-in 'n storie.
~ Athol Fugard
Jy hoef nie 'n graad in
linguistiek te hę om reg te kan spel nie. 'n Voorvinger is genoeg. ~ Hans du
Plessis
As jy jou storie
op bladsy een in die verlede tyd begin is jy op bladsy vier al in die strooi.
~ P.G. du Plessis
'n Sinoniem is 'n woord wat jy
gebruik omdat jy die ander een nie kan spel nie. ~ Baltasar Gracián
Die lykskouer sal ink in my are en bloed op my
sleutelbord ontdek. ~ C. Astrid Weber
Mens stuur nie jou kind slordig
partytjie toe nie – as jy omgee vir die arme bloedjie. Nou hoekom sal jy dan ʼn
slordige manuskrip voorlę? Mens stuur jou woordkind net weg omdat jy daarop
trots is. Dis jou taalkind en moet taalnetjies by die uitgeegeleentheid aankom. ~
Hans du
Plessis
As jy 'n betrokke
roman skryf, is jou kanse op 'n goeie resensie beter as wanneer jy nie betrokke
skryf nie.
~ P.G. du Plessis
As jy uit die werk van een skrywer
neerskryf, is dit plagiaat, maar as jy baie werke raadpleeg, is dit navorsing. ~
Wilson Mizner
Boeke is die
nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag
oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes.
~ Joseph Addison
Van al die kwaliteite wat 'n boek
moet hę, is die vernaamste dat dit leesbaar moet wees. ~ Anthony
Trollope
Daar is min sin in
'n boek wat jy nie geniet nie.
~ Sir John Lubbock
Boeke en vriende moet min en goed
wees. ~ Spaanse
spreekwoord
Daar is twee
soorte talentvolle skrywers: dié wat dink en dié wat doen.
~ Abbé Roux
Vanoggend het ek 'n komma
uitgehaal en vanmiddag het ek dit weer teruggesit. ~ Oscar Wilde
Sonder boeke is
God stil.
~ Thomas Bartholin
'n Kritikus word deur jare van
waarneming en studie gevorm. Resensente spring op soos paddastoele. ~ La Bruyęre
Ek is mal oor
spertye. Ek hou veral van die whoesj-geluid wat hulle maak wanneer hulle
verbyvlieg.
~ Douglas Adams
Gee ontspanning,
hou die massas dop; gee elke dag 'n mooi nooi en 'n moord; en stoot die
sirkulasiesyfers op.
~ D.J. Opperman
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.