Welkom by SA Vryskutskrywer - Ontmoet jou mentors
Hier kan jy sien hoe die gesigte agter die name lyk... en sommer meer oor hulle te wete kom.
Ons is twee voltydse skrywers wat saam met 'n handjievol medewerkers werk om Afrikaans te bevorder. Nie net is Afrikaans een van Suid-Afrika se amptelike tale met die derde meeste moedertaalsprekers nie, maar ons het ook gevind dat Afrikaanse skrywers dikwels gemarginaliseer word en dat daar 'n duidelike, dringende behoefte aan 'n ondersteuningsnetwerk is.
Ontmoet dus die baanbrekers agter hierdie netwerk – mense wat bereid is om ure van elke dag op te offer om 'n droom te voed; 'n droom wat dalk op die lang duur Afrikaans se redding kan beteken... en dit terwyl hulle dikwels dwarsdeur die nag werk om ander skryfspertye te haal.
Leoni Benghiat
Leoni
Benghiat is ‘n gevestigde joernalis, artikel- en
nie-fiksieskrywer, asook ‘n korporatiewe skrywer met ‘n
databasis van meer as 100 tydskrifte, koerante,
internetportale en plaaslike radiostasies. Sy is ook ‘n
mentor vir skrywers, ‘n teksredigeerder wat al meer as
70 gepubliseerde boeke geredigeer het, en ‘n
kursusopleier. Sedert 1994 werk sy as vryskutskrywer en
het sy al voorblad- en ondersoekende artikels in
verskeie bekende Afrikaanse en Engelse tydskrifte en
koerante gepubliseer. Sy skryf ook vir buitelandse
publikasies, plaaslike radiostasies en aanlyn platforms.
Elsabe
de Beer
Elsabe de Beer is ‘n voormalige onderwyseres en tans ‘n mentor, skrywer, digter en proefleser. Sy het reeds drie kortverhaalbundels – Petro se klavier en ander verhale, My klippie in die Karoo, en Om jou eie baas te wees – die lig laat sien. Intussen het sy ook ‘n kinderboek, Bangbroek Apie leer swem, gepubliseer en werk tans aan ‘n digbundel en nóg ‘n kortverhaalbundel. Elsabe sit egter nie net en skryf nie; sy het twee van die suksesvolste Facebook-skrywersgroepe gestig en het later, weens gesondheidsprobleme, die leisels aan ander oorhandig. Sy help steeds verskeie aspirant-skrywers om hul skryfdrome te verwesenlik en het meegewerk aan die samestelling en publikasie van verskeie bundels vir nuwelingskrywers.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.