SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

Welkom by ons KUBERWINKEL. Hier is jy op die enigste plek op die web waar jy alles wat jy as Afrikaanse vryskut nodig het, teen 'n bekostigbare prys kan kry – maar met onmeetbare waarde. Ons is so oortuig van die waarde wat ons bied, dat ons glad nie huiwer om te sê nie: die meeste van die items wat jy hier sal kry, is uitsluitlik beskikbaar op hierdie platform en gemik op die Suid-Afrikaanse mark.

Wat kan jy hier verwag?

  • Spesiale verslae vol praktiese wenke en strategieë wat nie net jou skryfwerk, maar jou hele vryskutbedryf vergemaklik. Organisering, kliëntebestuur en werksoek – alles in een plek.

  • E-boeke wat jou toerus met gespesialiseerde kennis vir die Afrikaanse vryskutbedryf, van administratiewe wenke tot werkbesigheidsidees wat reg op jou foon leesbaar is.

  • Databasisse wat jou toegang gee tot markinligting, publikasiegeleenthede en kompetisies – teen 'n prys wat jou nie sal bankrot maak nie!

  • Templates wat jou help om vinnig en professioneel aan die gang te kom, sodat jy nie jouself in die burek van administrasie vastrap nie.

  • Werkboeke wat jou vaardighede as skrywer slyp. Van dialoog tot karakterisering, ons werkboeke bied praktiese oefeninge en leiding wat jou help om jou skryfproses te stroomlyn en meer gesofistikeerde werk te lewer.

Ons werk gereeld aan nuwe items en hulpbronne om jou loopbaan te bevorder, en al ons inligting is altyd aktueel. Ons weet hoe belangrik dit is om nie net te begin nie, maar om te groei as vryskut – en ons is hier om dit moontlik te maak.

Daarom kan jy, wanneer jy begin, altyd weet dat jou vryskutpad beter sal raak. Begin met die hulpbronne wat reeds beskikbaar is en kom terug vir die nuwe items wat gereeld bygevoeg word.

Wil jy begin met ons Vryskutgereedskapkis of gratis hulpbronne? Dit is die perfekte beginpunte om jou op pad te help.

Kom delf in ons kuberwinkel en begin jou vryskutreis na sukses!

Kontak ons gerus as jy iets spesifiek benodig wat nie in die kuberwinkel beskikbaar is nie.


Spesiale verslae, jou geheime wapen in die wêreld van publikasie, vryskutskryfwerk en kreatiewe inhoud, is spesiaal ontwerp om jou lewe gemakliker te maak. Of jy nuuskierig is oor hoe die mark werk, jou loopbaan wil uitbrei of bevorder, of bloot slimmer wil werk, bied elke verslag diepgaande kennis, praktiese riglyne en binnewenke – saamgestel uit jare se ervaring en navorsing.

Ontvang gefokusde leiding, net wat jy benodig, presies wanneer jy dit benodig.

Klik hier ...


Elektroniese boeke (e-boeke) is besig om wêreldwyd die leesstof van die toekoms te word - en die nuwe gonswoord in die boekebedryf. Ons e-boeke is spesifiek van toepassing op Afrikaanse vryskutskrywers.

Of jy jou skryfspiere wil oefen, jou kreatiewe denke wil verbreed, of net op soek is na vars perspektief – hierdie e-boeke is gemaak met jou as leser én skrywer in gedagte. Elke titel bied waardevolle inhoud, praktiese raad en leesplesier in een netjiese digitale pakket.

Lees op jou tyd, leer in jou styl, groei in jou eie stem.

Klik hier ...


Databasisse help jou om jou werk makliker te organiseer, na te vors, te verkoop of gepubliseer te kry. Dit gee jou selfvertroue 'n hupstoot omdat jy presies weet wat van jou verlang word sover dit jou skryfwerk aangaan, asook watter verskillende opsies beskikbaar is.

Afrikaanse inhoud hoort nie op die agtergrond nie – en daarom bied hierdie eksklusiewe databasisse ’n skatkis van hulpbronne, markinligting, publikasiegeleenthede en navorsingsmateriaal, spesifiek saamgestel vir die Afrikaanse skryfgemeenskap. Hier kry jy toegang tot wat jy regtig nodig het – in jou taal, vir jou konteks.

Vind inhoud en bronne vinnig. Werk slimmer. Skryf met insig.

Klik hier ...


Template, sjabloon, templaat, vormdokument, patroon ... Noem dit wat jy wil, maar niemand kan stry dat hierdie vormdokument die lewe aansienlik makliker maak nie. Dis net soveel makliker om 'n beproefde "resep" te kan gebruik om dodelik  vervelige en tydrowende donkiewerk te systap.

Tyd is skaars – moenie dit op ’n leë bladsy mors nie. Hierdie herbruikbare template is ontwerp om jou vinnig aan die gang te kry met enige skryfprojek: van nuusberigte en webinhoud tot kortverhale, artikels, boeke, blogs en toesprake. Professioneel opgestel, maklik om aan te pas, en 100% Afrikaans-vriendelik.

Bou jou storie, artikel of aanbieding met minder raaiwerk – en meer resultaat.

Klik hier ...


Of jy nou aan jou eerste kortverhaal werk,jou storie se dialoog wil slyp of 'n gesaghebbende artikel wil aanpak – hierdie praktiese werkboeke is ontwerp om jou as skrywer met selfvertroue en styl te laat groei. Elke werkboek is propvol oefeninge, wenke, template en inspirasie om jou stories of artikels op dreef te kry. Ontwikkel deur ’n ervare skrywer en redakteur, en met die oog op wat regtig in die werklike wêreld van skryfwerk werk.

Blaai deur ons reeks en begin bou aan jou skrywersmeesterstuk – een bladsy op ’n slag.

Klik hier ...

Enige probleme? Kontak ons.


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse