Welkom by SA Vryskutskrywer -
Gratis goed
Ons hou daarvan om goed gratis weg
te gee - vandaar dié blad waar jy allerlei kan aflaai wat jou nie 'n sent sal
kos nie.
Op dié blad sal jy heel moontlik 'n program of hulpmiddel raakloop wat jou kan help om jou vryskutbesigheid en skryfwerk nóg meer doeltreffend te bedryf.
Of jy is dalk op soek 'n speltoetser, e-boekleser, cv-templaat - enigiets wat jou as vryskutskrywer kan help.
Kom maak gereeld 'n draai op dié blad. Ons probeer aanhoudend bywerkings en verbeterings aanbring om dit so vars moontlik te hou.
(Alle eksterne skakels maak in 'n aparte blad oop)
2025-almanak: Laai gerus 'n
2025-almanak af om jou maand of jaar mee te beplan.
Klik hier om
af te laai.
Wil
jy 'n liefdesverhaal skryf? Maak dan doodseker dat jy al die nodige
"bestanddele" in jou storie inwerk sodat dit publiseerbaar is. Laai Malan Media
se riglyne vir 'n liefdesverhaal
hier af.
Geen
skrywer kan suksesvol wees sonder skryfdoelwitte nie. Is jy op dreef met jou skryfdoelwitte vir vanjaar? Gaan laai
hier 'n skryfdoelwitroostertjie
af. Dit kan jou dalk net help om jou eerste storie klaar te skryf.
SARS ritboek - Dis selde dat Jan Taks gaaf genoeg is om 'n ietsie gratis
aan belastingbetalers te gee. Hierdie ritboek is werklik die moeite werd om af te
laai en te gebruik. Dit maak jou lewe 'n bietjie makliker wanneer
belastingseisoen aanbreek. Gaan laai dit gerus
hier
af.
Afrikaans
is baie vindingryk soos in Die Herkoms van Spreekwoorde
geïllustreer word. Laai gerus die taalkenner, dr Anton Prinsloo, se artikel
hier af wat van
Mieliestronk se
webblad kom.
GRATIS speltoetser:
WSpel het pas weergawe 15.0 geloods en met meer as
526,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se
AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir
Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld. Daarby voldoen dit aan die
spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles
gratis, want WSpel is gratis vir almal onderhewig aan die lisensieooreenkoms. Laai
hier af.
Laai
nog gratis sagteware af:
Kindle
for PC - die gewildste gratis e-boekleser beskikbaar
Apache
OpenOffice - 'n gratis alternatief vir Microsoft Office
Sprokies vir Vroue - Kristel Loots en Chanette Paul, twee van Suid-Afrika se
mees gewilde liefdesverhaalskrywers, gesels oor liefdesverhale vir vroue. (Uit
Vrouekeur, 11 Junie
2010; soos verskaf deur LAPA
Uitgewers). Laai die artikel
hier
af.
Telefoonlogtabel - Met die hemelhoë telefoononkostes, is dit wys om 'n log
te hou van al jou oproepe om seker te maak jy betaal nie iewers aan iemand iets
te veel nie. Kry 'n vereenvoudigde telefoonlogtabel
hier.
Om te doen-lysie help jou om jou take en spertye realisties te organiseer en
by te hou met alles wat jy daagliks moet doen. Kry joune
hier.
Alternatiewe sleutelbord / Diakritiese leestekens
- Afrikaans vereis die gebruik van kodes om leestekens op sommige letters
aan te bring. Dis egter veral eienaars van skootrekenaars wat spook om
leestekens op woorde aan te bring. Probleem opgelos. Gaan laai 'n kopie
hier af.
'n
Basiese
Engelse grammatikahandleiding
wat
baie nuttig te pas kan kom vir Afrikaanssprekendes wat skielik gereeld in
Engels - hul tweede taal - moet skryf - vriendelik verskaf deur
Daily Writing
Tips.
Laai 'n kopie
hier
af.
Laai
gerus die Afrikaanse
Taalmonument se inligtingsboekie oor die geskiedenis van hierdie
uitsonderlike monument af. Klik
hier.
Ter
herdenking van Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap op 6 April 1652, het
die FAK ’n
pragtige herdenkingsboek oor Jan se storie, wat ook in digitale vorm beskikbaar
is, bekendgestel. In hierdie publikasie is daar onder meer idiome, segswyses en
woorde uit die skeepvaart. Klik
hier om die digitale kopie
aanlyn te lees.
As
jy een van die miljoene mense is wat rekenaarwagwoorde op 'n flentertjie
papier skryf en dit dan onmiddellik verloor, is hierdie wagwoordrekordvorm vir
jóú. Hiermee kan jy al jou wagwoorde op een plek hou waar jy dit sommer dadelik
weer kan kry. Gaan laai jou kopie dadelik
hier af.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.