Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste
Gedigte
Kortverhale
Artikels
Rubrieke
Essays
Novelles
Boeke
Nuusberigte
Akademiese
manuskripte
Manuskripbeoordeling
Het jy ‘n gedig, kortverhaal, artikel of boek klaar geskryf en wil jy kommentaar daaroor hê, of is jy dalk op soek na ‘n idee aan wie jy dit kan stuur vir publikasie? Of miskien wil jy net hê iemand met ‘n onbetrokke kennersoog moet dit beoordeel of evalueer voordat jy dit aan ‘n uitgewer of tydskrif stuur, want jy weet dat dit nog nie heeltemal persklaar is nie, maar jy is nie doodseker wat nog kortkom nie.
Ons is hier om te help!
Stuur jou gedig, kortverhaal, artikel, boekmanuskrip, nuusberig, essay, rubriek, novelle of enige ander geskrif aan ons en teen ‘n bekostigbare fooi sal een van ons kenners in die spesifieke genre jou werk fynkam en ‘n omvattende beoordelingsverslag voorsien.
In hierdie verslag sal jy kommentaar vind oor:
-
Die styl van jou skryfwerk en of dit die regte toon vir jou gehoor aanbied.
-
Die standaard van die manuskrip se versorging, insluitend die grammatika, sinstruktuur en vloei.
-
Voorleggingsfoute wat jy dalk nie opgemerk het nie.
-
Die tema en of dit konsekwent en duidelik oorgedra word.
-
Wenke oor hoe om die manuskrip persklaar te kry en dit meer van 'n markgereedproduk te maak.
Boonop verskaf ons ook name en kontakbesonderhede van moontlike uitgewers of publikasies wat dalk belangstelling in jou finale produk kan toon. So, jy hoef nie deur die frustrasie van “wat nou” te gaan nie – ons maak die volgende stap vir jou duidelik.
Laat ons help om jou manuskrip van 'n goeie manuskrip na ‘n publikasiewaardige werk te neem!
• Nuusberigte
Enkel |
R65-leesfooi elk |
• Gedigte
Enkel |
Maksimum 5 |
Volledige digbundel |
R150-leesfooi elk |
R70-leesfooi per gedig |
R500-leesfooi per bundel |
• Artikels
Enkel (tot 1,200 woorde) |
Enkel (tot 2,500 woorde) |
Enkel (meer as 2,500 woorde) |
R250-leesfooi elk |
R350-leesfooi elk |
R550-leesfooi elk |
• Rubrieke
Enkel |
Volledige rubriekbundel |
R200-leesfooi elk |
R700-leesfooi per bundel |
• Kortverhale
Enkel (tot 1,500 woorde) |
Enkel (meer as 1,500 woorde) |
Volledige kortverhaalbundel |
R350-leesfooi elk |
R550-leesfooi elk |
R900-leesfooi per bundel |
• Essays
Enkel (tot 1,500 woorde) |
Enkel (meer as 1,500 woorde) |
Volledige essaybundel |
R350-leesfooi elk |
R550-leesfooi elk |
R900-leesfooi per bundel |
• Boekmanuskripte
Volledige boekmanuskrip (enige genre) |
Onvolledige boekmanuskrip (enige genre) |
R900-leesfooi elk |
R100-leesfooi per hoofstuk |
• Novelles
Volledige novellemanuskrip (enige genre) |
Onvolledige novellemanuskrip (enige genre) |
R700-leesfooi elk |
R100-leesfooi per hoofstuk of R350-leesfooi per onvolledige novellemanuskrip |
• Akademiese geskrifte
1–15 bladsye |
16–25 bladsye |
Meer as 25 bladsye |
R400-leesfooi elk |
R600-leesfooi elk |
R850-leesfooi elk |
of
Benodig jy 'n ander professionele diens? Klik hieronder om na die relevante blad herlei te word (skakel maak in 'n nuwe blad oop)
|
|
|
|
|
|
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.