Welkom by SA Vryskutskrywer - Perskantoor
Volgens die bekende
spreekwoord is geen nuus veronderstel om goeie nuus te wees. Ons
verskil van hierdie siening ...
As daar géén nuus van ons kant af is nie kan niemand ons mos leer ken nie en dan is die hele droom van 'n uitgebreide netwerk vir Afrikaanse vryskutskrywers net 'n wens. Ons het dus besluit om op hierdie blad elke persvrystelling en belangrike nuusbrokkie te publiseer. Hier kan jy alles omtrent ons uitvind wat dalk nie elders op die webblad verskyn nie.
2025
|
|
||||||
|
|||||||
|
|
|
|
|
|
|
|
2025• Mei: Op 8 Mei 1925 het Afrikaans sy eerste amptelike tree gegee. Vandag, 100 jaar later, leef ons moedertaal steeds – in jou pen, jou sleutelbord, jou storie.By SA Vryskutskrywer glo ons in die krag van woorde. Daarom bied ons 100 Afrikaanse skryfkursusse aan – van nuusskryf tot kinderboekskryf, van limerieke tot lirieke. Sluit sommer vandag by ons aan en vier Afrikaans se eeufees met jou eie stem. Laat jou storie deel wees van die volgende 100 jaar.
• April: SA Vryskutskrywer se webblad kry nuwe vlerke!Die splinternuwe weergawe van ons webblad is hier – groter, beter en propvol waarde vir elke Afrikaanse skrywer. Hierdie derde weergawe bied nie net aansienlik meer as sy voorgangers nie, maar spog met 100 skryfkursusse in uiteenlopende genres. Bestaande kursusse is ingrypend uitgebrei om jou nóg meer insig, vaardigheid en inspirasie te bied, en jou toe te rus vir ’n volhoubare loopbaan as vryskutskrywer.
|
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.