Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis
Dis 'n feit van die lewe: jy sal selde, indien ooit, iets van waarde kry sonder om daarvoor te betaal, nie waar nie?
Fout.
By SA Vryskutskrywer gee ons eintlik meer dinge gratis, verniet en mahala weg as wat ons verkoop. Een van die grootse juwele in ons skatkis is ons Ideesbank – ‘n plek vol inspirasie waar jy storie-idees kan aflaai sonder om 'n sent daarvoor te betaal.
Ja, jy het reg gehoor – gratis idees!
Ons Ideesbank is ‘n waardevolle hulpbron vir vryskutskrywers, joernaliste, en enigiemand wat daagliks op soek is na nuwe idees. Of jy nou op soek is na verhaal- of artikelidees of net ‘n bietjie kreatiewe inspirasie nodig het; ons bied ‘n rykdom aan konsepte wat jy kan gebruik om jou werk mee te begin.
Om toegang tot hierdie unieke diens te kry, benodig jy net een ding: die gebruikersnaam en wagwoord wat jy as intekenaar van ons gratis nuusbrief ontvang het. Sodra jy op ons nuusbrief ingeteken het, kry jy toegang tot al die idees wat ons mildelik aan jou beskikbaar stel.
As jy nie oor ‘n gebruikersnaam of wagwoord beskik nie, beteken dit eenvoudig jy het nog nie op die nuusbrief ingeteken nie. Ons raai aan dat jy dit sommer nou doen om nie ‘n bietjie kreatiewe inspirasie mis te loop nie! Klik hier om vinnige toegang tot hierdie waardevolle diens te kry.
Is jy wel al ingeteken, maar het nie jou gebruikersnaam of wagwoord ontvang nie? Of dit dalk vergeet? Geen probleem! Kontak ons en ons sal die kode aan jou stuur sodat jy nie iets misloop nie.
Gebruik ons Ideesbank om jou kreatiwiteit aan die gang te kry en jou vryskutloopbaan op nuwe maniere te verryk!
Vrywaring: Neem asseblief kennis dat die idees dalk nie altyd heeltemal op datum is nie. Dit beteken die onus lê op jou om seker te maak die inligting, statistiek en feite wat in die idees weergegee word, is geldig wanneer jy jou storie daaroor skryf. Jy moet dus jou EIE navorsing doen, want ons verskaf net die basiese idee of wenk. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige feite wat nie deur die gebruiker van ons idee gestaaf word nie.
Let ook daarop dat ons hierdie idees algeheel goedgunstiglik beskikbaar stel en géén waarborg gee dat hulle wel deur 'n publikasie aanvaar sal word nie. Die onus rus op jou as skrywer om die idees te ontwikkel tot 'n volwaardige storie en dit self te verkoop. Ons verskaf slegs die idee.
BELANGRIK: Dié blad sal nie werk indien javascript nie in jou webleser toegelaat word nie. Vir volledige besonderhede oor hoe om javascript in jou webleser te aktiveer, kan jy hier gaan kyk (eksterne skakel).
Gebruik die
gebruikersnaam en wagwoord wat jy saam met jou nuusbrief ontvang het om
GRATIS toegang tot die Ideesbank te verkry:
Teken hier in | |
Gebruikersnaam: |
|
Wagwoord: |
|
Wagwoord vergeet? Klik hier
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.