SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Nuusjoernalistiek in 'n digitale wêreld

Die joernalistieke nuuslandskap het die afgelope maande dramaties verander – dit bevat nou vinniger nuussiklusse, aanlyn gehore, en digitale media. Maar een ding bly dieselfde: goeie joernalistiek begin met ’n sterk storie en skerp skryfwerk.

Hierdie praktiese kursus leer jou hoe om relevante, betroubare nuusinhoud te skryf wat vandag se lesers boei én inlig.

Jy sal leer hoe om:

  • nuuswaardigheid vinnig te beoordeel en invalshoeke te kies;

  • helder en akkuraat te skryf onder druk;

  • digitale formate soos kort aanlyn berigte, opskrifte en klikbare inleidings te bemeester;

  • aanlyn etiek, verifikasie en bronne in die digitale landskap te hanteer;

  • jou werk vir publikasie op nuuswebtuistes en -blogs voor te berei.

Of jy nou mik na ’n loopbaan in joernalistiek of jou bestaande vaardighede wil slyp vir die digitale nuuswêreld – hierdie kursus is jou beginpunt.

Die wêreld het nuus nodig. Skryf dit.

Duur: 4 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R4,000

Afbetalingsopsies

R2,000 x 2

R1,333 x 3

R1,000 x 4

 

  • Geskiedkundige oorsig van koerante en nuusinsameling

  • Verstaan hoe die nuushiërargie werk

  • Vind uit wat nuus werklik is

  • Leer die funksies van die vier Ws + H en die omgekeerde piramide

  • Onderskei tussen berigte en artikels

  • Verstaan die regsreëls van die joernalistieke erekode

  • Weet hoe om kontakte op te bou en te behou

  • Harde nuus vs gewone nuus

  • Menslike stories

  • Nuusberigte en -artikels

  • Rubrieke

  • Onderafdelings van nuus - resensies, voorskoue, ontledings, opiniestukke

  • Toekoms van massamedia

  • Leer die korrekte protokol rondom die dekking van hofstories en mediakonferensies

  • Digitale joernalistiek

  • Nuusfotografie 101

 

 

Volledige studiepakket

    Omvattende studienotas (150 bladsye)

    • 10 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    5 Persklaar digitale nuusberigte

    3 Nuusfoto's

    • Hulpdokumente

    'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

    Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

    Gratis databasis: Nuusmarkte   

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65% en VYF persklaar berigte en DRIE nuusfoto's

 


  

 

 

 

Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse