SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Aan watter vereistes moet ek voldoen om 'n Sertifikaat van Voltooiing te kan verwerf?


 

  • Ons standaard is hoog – vir beide kursusopleiers sowel as studente – en ‘n slaagsyfer van minstens 65%* sal verseker dat jy ná voltooiing van die kursus werklik toegerus is om die opwindende en uitdagende wêreld van vryskutskryf aan te pak. Om ‘n laer slaagsyfer te vereis is soos om ‘n soldaat sonder sy geweer oorlog toe te stuur of 'n dokter wat sy kursus gedruip het, in 'n operasieteater los te laat.

  • Elke kursus het ‘n tydsbeperking en jy móét binne die gegewe tydsbeperking al jou werkopdragte voltooi en instuur, anders verbeur jy jou Sertifikaat van Voltooiing. Geen uitstel word verleen nie, tensy daar werklik ‘n baie goeie rede daarvoor is en ook net mits daar betyds aansoek gedoen word.

* Die slaagsyfer van 65% geld vir alle skryf- of blitskursusse behalwe die Proefleeskursus waar 'n slaagsyfer van minstens 95% en die gewaarborgde Proeflees en Redigeringkursus waar 'n slaagsyfer van minstens 90% benodig word. Die rede vir die hoër vereiste slaagsyfer is omdat daar min of geen ruimte vir foute tydens proeflees of redigering bestaan nie. Die redigeerder en/of proefleser moet 100% akkuraat kan werk en as die opleiding 'n laer standaard vereis, is die uiteindelike doelwit nutteloos.

Ons Skryf 'n Boek-kursusse bevat geen puntetoekennings nie, maar 'n volledige boekmanuskrip word vereis om die kursus in sy geheel te slaag.

  <<< Is SAV se kursusse geakkrediteer?

        Hoe registreer ek? >>>   


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse