


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Is 
jy 'n fliekvlooi wat nooit 'n nuwe fliek misloop nie?  
Glo 
jy dat om te gaan fliek veel meer is as net om te sit en springmielies eet?
Kyk 
jy altyd dieper na 'n fliek as net om die storie te volg?  
Is jy boonop bedrewe 
met woorde en kommentaar?  
En hou jy daarvan om jou opinie te gee? 
 
Indien jy “ja” op al bogenoemde vrae geantwoord het, is jy heel moontlik die ideale kandidaat om fliekresensies te skryf. Teen betaling, natuurlik! En verkieslik met 'n gratis fliekkaartjie ook...
Fliekresensies word deur koerante, tydskrifte en vermaaklikheidsblogs opgeraap en lewer kommentaar op die fliek se draaiboek, akteurs se toneelspel en die dieperliggende boodskap. Hulle bied soms ook vergelykings, menings en besprekings van soortgelyke rolprente.
As jy jouself as 'n vryskutfliekresensent kan sien, skryf dan sommer onverwyld in vir ons vinnige, maar omvattende kursus en fliek jou pad oop na skryfsukses.

- 
	
Wat doen 'n fliekresensent eintlik?
 - 
	
Hoe word jy 'n fliekresensent?
 - 
	
Vaardighede benodig
 - 
	
Hoe lyk 'n geslaagde fliekresensie?
 - 
	
Jóú opinie tel
 - 
	
Waarna kyk jy in 'n fliek?
 - 
	
Waar en hoe kan jy jou resensies gepubliseer kry?
 - 
	
Begin 'n fliekblog
 
	
Volledige 
	studiepakket
- 
	
Omvattende kursusnotas (20 bladsye)
 - 
	
3 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
 - 
	
1 Volledige fliekresensie wat aan 'n publikasie voorgelê kan word
 - 
	
Fliekresensietemplaat
 
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
		
		
• 
		Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair   
• Databasis: Resensies
Toelatingsvereistes 
- 
	
Goeie skryfvaardighede
 - 
	
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
 - 
	
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
 

Minstens 65% + 1 persklaar fliekresensie
							
							
							
							Skryf NOU in en ontvang jou 
						kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
| 
														
						
							
						 | ![]()  | 
  | 
  | 
  | 
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 














