SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Is jy iemand wat altyd méér wil weet as wat die koerant of nuusflits jou vertel?

Lees jy ’n berig en sit dan met honderd vrae in jou kop?

Kan jy dadelik raaksien dat daar ’n storie ágter die storie skuil – en wonder wat dit is?

Dalk droom jy daarvan om self ’n deeglike, goed-nagevorsde en boeiende artikel te skryf wat vir lesers die groter prentjie skets.

Hou jy daarvan om oor mense en hul lewens te lees – en dalk selfs hul stories op skrif te stel?

Dan is hierdie kursus net vir jou!

Ons leer jou stap vir stap hoe om ’n feature-artikel te beplan, na te vors en te skryf – en ons help jou ook met praktiese raad om dit gepubliseer te kry.

Min artikelgenres gee soveel kreatiewe bevrediging soos ’n goed-geskryfde feature wat uiteindelik sy plek in druk of aanlyn kry. Kom leer hoe om jou stem te gebruik om ander mense se stories te vertel – met styl én inhoud.

 

Duur: 3 maande 

Modules: 5 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

R500 X 3

 

  • Inleiding tot die skryf van feature-artikels

  • Waarom is features anders as gewone artikels?

  • Tipes feature-artikels

  • Soek en ontwikkel idees

  • Navorsing

  • Onderhoudvoering vir features

  • Noodsaaklike elemente van die feature-artikel

  • Taalgebruik en struktuur

  • Redigeer jou artikel

  • Joernalistieke etiek

  • Regskwessies

  • Vind jou mark

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (50 bladsye)

  • 5 praktiese skryfoefeninge

  • 1 vollengte persklaar glansartikel

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

Gratis databasis: Skryfmarkte

 

 

Toelatingsvereistes

  • Bewese vorige joernalistieke ondervinding of voltooiing van 'n joernalistieke kursus

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65% + 1 persklaar glansartikel

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou artikelskryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse