Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
"Harde nuus"-verslaggewing vergemaklik
Jy is die tipe mens wat nie jou dag kan begin sonder om eers die oggendkoerant van hoek tot kant deur te lees nie. Wanneer jy by die werk kom, skakel jy jou rekenaar aan ... nie om jou e-pos af te laai nie, maar om gou na die nuushooftrekke via internet te kyk om agter te kom of daar al iets gebeur het in die tydjie sedert jy by die huis weg is en jou aankoms op kantoor.
Saans, nadat al die huismense al gaan slaap het, sluip jy gou na jou rekenaar toe om net weer te sien wat daar in die węreld gebeur het voordat jy ook gaan slaap...
Is dit dalk jy?
Indien jy jouself hierbo herken, is hierdie kursus nommerpas vir jou. Deur te leer hoe nuus geskryf en saamgestel word, kan jy dalk binnekort jou passie uitleef... as vryskutnuusskrywer vir jou plaaslike koerant of selfs 'n nasionale dagblad.
-
Wat is nuus?
-
Verskil tussen "harde" en "sagte" nuus
-
Is jy gereed vir die węreld van "harde nuus"?
-
Sleutelfaktore van joernalistiek
-
Hoe werk nuusverslaggewing?
-
Nuusterme
-
Kenmerke van 'n nuusberig
-
Nuuskonferensies
-
Waar kry jy nuus?
-
Hoe om onderhoude te voer
-
Bronne, informante, navorsing en feite
-
Joernalistieke styl
-
Joernalistieke protokol, regskwessies, etiek, ondersoekende berigte
-
Vermy laster
-
Bly veilig
Volledige studiepakket
• Omvattende studienotas (40 bladsye)
• 6 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
• 2 Vollengte persklaar nuusberigte wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelę word.
• Hulpdokumente, template
• 1 Aanlyneksamen
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Databasis: Nasionale koerante
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65%
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.