SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Profiele - Vasvang van stories en persoonlikhede

Elke mens het ’n storie om te vertel. Maar dit verg ’n skerpsinnige, fyn ingestelde skrywer om daardie storie vas te vang en tot lewe te bring. In hierdie praktiese en inspirerende kursus leer jy om karaktergedrewe profielartikels te skryf wat nie net jou lesers sal inlig nie, maar ook aanraak.

Of jy nou ’n joernalis, skrywer, blogger of kommunikasiepraktisyn is – as jy mense se lewens, loopbane, drome of uitdagings wil verken en daaroor wil skryf, is hierdie kursus vir jou.

Ons leer jou alles wat jy sal benodig om ‘n persoon se storie met die regte hoek en fokus aan te pak, asook tegnieke vir onderhoudvoering wat Oprah Winfrey jaloers sal maak!

Die kursus is prakties en sluit genoeg opdragte, voorbeelde, wenke en individuele terugvoer in. Jy kry die geleentheid om ’n profielartikel van begin tot einde te ontwikkel – met begeleiding elke tree van die pad.

Of jy nou 'n opkomende stem is of jou bestaande vaardighede wil slyp sal hierdie skryfkursus jou die gereedskap en selfvertroue gee om mense se stories met diepte, warmte en professionele afronding te skryf.

En wie weet ... miskien lei een van jou profiele tot 'n volwaardige biografie.

Duur: 2 maande 

Modules: 4 modules

Kursusfooi: R1,800

Afbetalingsopsies

R900 X 2

 

  • Wat is profielskryf en waarom is dit ‘n kragtige genre?

  • Verstaan die verskil tussen 'n nuusprofiel en 'n sterprofiel

  • Wat maak iemand nuuswaardig genoeg vir 'n profielartikel?

Hoe om die “mens agter die mens” raak te sien

  • Etiek en empatie

  • Kuns van onderhoudvoering

  • Hoe kontak jy 'n onderwerp vir 'n profiel?

  • Navorsing en konteks

  • Beplan jou vrae

  • Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings

  • Bied jou profielartikel op 'n professionele wyse aan

  • Ontdek die Proust-onderhoud

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • 4 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 1 Vollengte persklaar profielartikel wat gereed is om verkoop te word

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair    

Gratis databasis: Kontaktedatabasis

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Minstens 65% + 1 persklaar profielartikel

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar van jou artikelskryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse