Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Rubriekskryfkursus
Het jy al ooit gewens om jou mening en insigte met die węreld te deel? Of dalk het jy altyd geweet jy het die vermoë om 'n storie te vertel op ‘n manier wat die leser boei, maar jy weet nie waar om te begin nie? Hierdie rubriekskryfkursus is presies wat jy nodig het om jou rubriek-skryfvaardighede na die volgende vlak te neem.
In hierdie kursus sal jy leer hoe om jou unieke stem te ontwikkel, rubrieke te skryf wat duidelik, oortuigend en insiggewend is, en hoe om jou lesers vanaf die eerste paragraaf te boei. Vanaf die keuse van die regte onderwerp tot die struktuur van jou rubriek en die gebruik van humor en retoriese tegnieke – hierdie kursus sal jou help om die kuns van rubriekskryf baas te raak.
Deur hierdie kursus te voltooi, sal jy nie net leer hoe om effektief te skryf nie, maar jy sal ook die gereedskap kry om jou rubrieke uit te lig, duidelik te artikuleer, en 'n leserspubliek te bou wat op jou perspektiewe wag.
-
Inleiding
-
Keuse van onderwerpe
-
Struktuur en styl van rubrieke
-
Vereistes van 'n geslaagde rubriek
-
Humor, satire en retoriese tegnieke
-
Argumente en oortuiging
-
Skryf vir verskillende gehore en platforms
-
Redigering en terugvoer
-
Publikasiemoontlikhede
-
Ontwikkel 'n herkenbare rubriekskryfstyl
Volledige
studiepakket
• Omvattende studienotas (20 bladsye)
• 4 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
• 1 Vollengte persklaar rubriek wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelę word.
• Hulpdokumente, template
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
•
Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Databasis: Rubriekmarkte
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie
Minstens 65% en EEN persklaar rubriek
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.