


Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief
SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike
verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief
ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige
ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik
onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.

- Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
-
Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?
-
Wat ook al die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige berig.
Lekker lees!
Nuusbrief
Januarie/Februarie 2023
|
INHOUD
VAN MY REKENAAR: » Voorspoed vir 2023
ONS PRAAT VRYSKUTWERK: » Nuwe Afrikaanse speler op die blok - KIERANG GESELSPOPPE » Resep vir suksesvolle vryskutwerk » INK Dig- en Skryfkompetisie 2023 » Oorleef só beurtkrag in jou tuiskantoor
ALLERLEI: » Wat's nuut?
VRYSKUTNETWERK:
OP ONS WEBBLAD:
__________________________________ Die doelwit van hierdie virtuele skryfklub is om vir jou 'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!
_______________________________
Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust (Uit die hart) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).
_______________________________
SA Skrywers is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan uitdagings wil deelneem om sodoende die kans te staan dat hul stories in 'n bundel opgeneem word. Hierdie bundels word elke ses maande saamgestel en skrywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.
_________________________
SA Kinderboekskrywers is geskep vir kinderboekskrywers wat deelneem aan skryfuitdagings om opgeneem te word in 'n bundel wat elke ses maande met die beste kinderverhale saamgestel word. Skrywers word vanselfsprekend aangemoedig om (1) deel te neem, en (2) die bundels aan te skaf.
_______________________________
Nuuspod publiseer video-onderhoude en artikels op YouTube.com om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus, hoewel van die materiaal soms in Engels verskaf sal word. Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, gee Nuuspod ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, finansies, goeie nuus, ensovoorts.
TUISBLAD
________________________________
___________________ MENTORSKAP: Twee koppe is beter as een
Of jy nou jou eerste boek skryf of onseker is van ‘n bloginskrywing, ‘n novelle, artikel of enige ander skryfstuk, kan 'n mentor jou help om jou skryfproduk suksesvol aan te pak én af te handel. Hoewel nie elke skrywer 'n mentor nodig het of wil hê nie, kan enige skrywer daarby baat om saam met 'n mentor te werk; dit geld veral vryskutskrywers wat dikwels alleen werk en dalk iemand benodig vir aanmoediging, raad, ondersteuning, doelwitbepaling en, belangrikste van alles – motivering. As jy nie oortuig is dat jy 'n skryfmentor nodig het nie, kyk bietjie na die voordele daaraan verbonde om saam met een te werk.
________________________________ |
|
|
| ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 







'n
Suksesvolle vryskut hou nooit op
leer nie. En ek dink die definisie
van sukses bly 'n kwessie van
perspektief, so ek deel graag van
die wenke wat ek deur die 30 jaar
wat ek al vryskut werk, langs die
pad opgetel het. Vryskut is dalk een
van die beste besluite wat ek ooit
geneem het, hoewel dit oorspronklik
deur nood gebore is. Maar ek hou van
die buigsaamheid, onafhanklikheid en
beheer wat ek het oor die moeite wat
ek doen en die uitkoms van al
daardie moeite. Maar voordat jy dink
dit klink dalk nes die Paradys –
daar is heelwat landmyne en
hindernisse in jou pad. En wanneer
jy vir jouself werk, dra jy die las
van enige slegte besluit of fout –
daar’s niemand anders om die skuld
voor te gee nie. So, hier is net 'n
paar dinge wat ek eerstehands geleer
het:










