Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfmekka
Redakteurs en tydskrifte kom en gaan gereeld. 'n Afdeling waar veral vryskutjoernaliste hulle van die stand van die media kan vergewis is noodsaaklik. Ons probeer dus om die bedryfsnuus-inligting so dikwels moontlik by te werk om jou deurentyd ingelig te hou.
Klik net op die skakel om na die volledige berig of persverklaring herlei te word, indien van toepassing.
Kontak ons met enige bedryfsnuus.
ProVARIA vind ’n tuiste in VivA se nuwe Variasieportaal
“By VivA glo ons dat Afrikaans in al sy vorme uitgebou, ontwikkel en toeganklik gemaak moet word, sodat Afrikaans oor twintig, vyftig en selfs ’n honderd jaar van nou af steeds in sy hoë funksies sal kan fungeer. Daarom poog ons om die tegnologiese taalwêreld van Afrikaans deurgaans uit te brei sodat Afrikaans in al sy vorme in digitale kontekste beskikbaar kan wees. Dit is dus vir VivA ’n voorreg om ’n Variasieportaal by ons bestaande grammatika-aanbod te voeg sodat die uitsette van ProVARIA en die volle diversiteit van Afrikaans ook in digitale kontekste kan fungeer en ’n tuiste kan hê. Lees volledige persverklaring hier.
‘Mediavryheid wen’ in Zuma-saak teen joernalis, aanklaer
Die hof se uitspraak dat oudpres. Jacob Zuma nie verder ʼn News24-joernalis en ʼn staatsadvokaat privaat mag vervolg nie, is ʼn “klinkende oorwinning vir mediavryheid en vryheid van uitdrukking in Suid-Afrika”. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sê die hofbesluit is nie net ʼn oorwinning vir die betrokkenes nie, maar vir elke verslaggewer in die land. Lees volledige berig hier.
tvplus-tydskrif gestaak
Die TV- en mediatydskrif tvplus verskyn op 23 Maart vir die laaste keer. "Weens die strawwe ekonomiese klimaat en stygende koste is dit ongelukkig nie meer haalbaar om tvplus uit te gee nie," sê Nerisa Coetzee, hoof van Media24 Leefstyl. Die tydskrif sal dan ook nie meer op Netwerk24 beskikbaar wees nie. “Ons gaan die laaste twee uitgawes vier met onthoubrokkies en ander storielyn-artikels wat jy nie wil misloop nie,” sê Lucia Poolman, redakteur. “Baie dankie aan al die lesers en adverteerders wat so lank deel van ons tvplus-familie was.” Die tydskrif het in Oktober 1999 vir die eerste keer verskyn.
Kopiereg en billike gebruik vir leke
Die beweegredes vir kopieregbeskerming is beloning en aansporing. As iemand die moeite gedoen het om ’n outeursregwerk te skep, en daardie werk voldoen aan die basiese vereistes, ontstaan kopiereg outomaties. ... Wat is kopiereg? Hoekom is daar iets soos kopiereg? Mag ek iemand se kiekies op die sosiale media deel? Mag ek ’n gedig met WhatsApp na ’n vriendin stuur? En wat van billike gebruik? Naomi Meyer en Izak de Vries het by Catrina Wessels, ’n kopieregkonsultant en literêre agent, gaan aanklop om ons, in gewone taal, hierdie sake te laat verstaan. Volledige berig.
Moorde op joernaliste het in 2022 met 50% toegeneem
Een joernalis word elke vier dae vermoor, wat tot die 86 sterftes vir 2022 se totaal bydra, sê Unesco, wat navorsing gedoen het oor die moorde op joernaliste in 2022 wat met 50% toegeneem het teenoor vorige jare. Volledige berig.
OB vind geen bewyse van geboorte van ‘Thembisa 10’
Die openbare beskermer (OB) het bevind daar is geen bewyse dat Gosiame Sithole aan ’n tienling geboorte geskenk het nie en dat geen hospitale of medici hulle aan enige foutiewe gedrag skuldig gemaak het nie. Volledige berig.
Nuwe hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT
Dr. Phillip Louw is met ingang 1 Januarie 2023 aangestel as die nuwe Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hier onder volg ’n kort biografie van dr. Louw: Lees verder.
Hindernisse wat SA vroulike vryskutjoernaliste moet oorkom
In 'n onlangse onderhoud met die Suid-Afrikaanse vryskut-fotojoernalis, Sumaya Hisham, het sy gesê: "As 'n vryskut, voel dit of my werk meer voltyds is as wat dit vryskut is." Lees volledige berig hier.
Jacob Zuma dagvaar joernalis - wat die media hiervan moet weet
Suid-Afrikaanse joernalistieke organisasies het vandeesweek laer getrek om die bekende joernalis, Karyn Maughan, toe oudpresident Jacob Zuma 'n private vervolging teen haar begin het. Lees volledige berig hier.
Nuwe kopieregwet deur parlement aanvaar: Wat skrywers moet weet
Dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg skrywers direk raak, is voor die hand liggend. Skrywers maak op kopiereg staat. Baie skrywers skryf om den brode. Die Wet op Outeursreg gee hulle die eksklusiewe reg om, onderworpe aan sekere beperkings, seggenskap te hê oor hul kreatiewe werk. Daardie eksklusiwiteit is ’n belangrike faktor vir die kommersialisering van skryfwerk en ander skeppende werke. Lees volledige artikel hier.
Tweede kwartaal ABC-syfers - Tydskrifte
Die tweede kwartaal van die Ouditburo vir Sirkulasies (ABC) van Suid-Afrika se Tydskrifkategorie wys dat gratis tydskrifte en digitale tydskrifte (enige tydskrif sonder gedrukte eweknie) weer eens die wenners was. Lees verder.
Tweede kwartaal ABC-syfers - Koerante
Joernaliste staar aanvalle op alle fronte in die gesig; van fopnuus en doelbewuste aanlyn en digitale veldtogte wat joernalistiek ondermyn tot om fisies aangerand te word wanneer hulle uit is om stories te dek. Volledige berig.
Suid-Afrikaanse joernalistiek onder beleg
Joernaliste staar aanvalle op alle fronte in die gesig; van fopnuus en doelbewuste aanlyn en digitale veldtogte wat joernalistiek ondermyn tot om fisies aangerand te word wanneer hulle uit is om stories te dek. Volledige berig.
Minstens 14 joernaliste reeds dood in Russies-Oekraïense oorlog
Minstens 14 burgerlike joernaliste en mediawerkers is reeds tydens die Russies-Oekraïnse oorlog vanaf 5 April 2022 dood. Ses was Russies, vier Oekraïens, een Italiaans, een Amerikaans, een Litaus en een Ier. Volledige berig.
SAFREA 2020/21 Vryskutbedryfverslag
Safrea (Southern African Freelancers' Association) het sy vyfde jaarlikse Suider-Afrikaanse Vryskutmediabedryf en -tarieweverslag vrygestel tydens 'n nasionale webinar waar navorser Jude Mathurine die sleutelbevindinge genoem het. Die 2020/2021-verslag, wat 'n kritieke maatstafinstrument vir selfstandige en deeltydse vryskutters in die kommunikasiebedryf is, bevat 'n paar eerstes. Die studie dek 'n tydperk wat gekenmerk word deur die onstuimige invloed van Covid-19 en die verhoogde digitale ontwrigting in die kommunikasiesektor. Dit het aan die lig gebring dat een uit elke vyf vryskutters (22%) hul inkomste oor die opnametydperk verhoog het, maar baie het hul tariewe verlaag om te oorleef. Twee uit elke drie vryskutters het verliese tussen 25% en 100% van hul inkomste gerapporteer. Laai die volledige verslag hier af.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.