Welkom by SA Vryskutskrywer - Skrywersalmanak

Die SA Vryskutskrywer Skrywersalmanak® word as 'n geskenk aan elke nuusbriefintekenaar verskaf.

Inligting in elke weergawe vervat dek die tydperk van Januarie tot Desember van daardie spesifieke jaar.

Ons probeer om soveel moontlik inligting in te samel en beskikbaar te maak en ook om die mees onlangse gegewens by te werk.

Verder probeer ons so gereeld moontlik 'n nuwe almanak beskikbaar maak, maar weens 'n gebrek aan tyd kan daar moontlik 'n jaar oorgeslaan word.

 

Voorbeeld van inligting in die almanak opgeneem:

  • spesiale herdenkingsdae, -weke en -maande

  • nasionale vakansiedae

  • sportbyeenkomste

  • belangrike internasionale gedenkdae

  • Christelike gedenkdae

  • ander gelowe se belangrikste gedenkdae

  • Afrikaanse feesdatums

  • VN-dae

  • belangrike skoue en feeste

  • skoolkalender

  • skryfkompetisies

  • vryskut- en skrywersdae

  • te veel om op te noem, maar bevat bykans ál die inligting wat jy benodig om jou artikelidees betyds aan 'n publikasie te kan voorlê.

SA Vryskutskrywer Skrywersalmanak® is die enigste van sy soort in Suid-Afrika en natuurlik die enigste Afrikaanse een in die ganse heelal! En dis eksklusief beskikbaar aan nuusbrief-intekenare.

 

Vertel 'n vriend hiervan:


 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse