Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar en suksesverhale afstaan ...
Gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is.
Akademiese redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Ander redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Lizanne
Kruger se debuutroman, Stipstaar, is deur Turksvy
Publikasies aanvaar vir publikasie en sal binnekort op die rakke
verskyn.
Manuskripredigering
Marelize
King se twee kortverhale, Ontnugtering in Kaïro en
Kersboompie sonder tinsel, wat sy vir die INK Skryf in
Afrikaans-kompetisie ingeskryf het, word gekeur vir publikasie
in die bloemlesing, INKSPRAAK4. Daar is 146 kortverhale
ingeskryf.
ABC van Kortverhale
Eugene Pienaar
wat in 2022 onder meer die blitskursus, Skryf
dinamiese dialoog, voltooi se
eerste vollengte
spanningsroman,
Huis van Adders,
word gepubliseer.
Tanya
Seiderer
se kursusrubriek,
Waarmee is jy besig?,
word deur Maroela Media gepubliseer. Die rubriek is deel van
Koerantjoernalistiek wat sy as deel van die
Alles-in-EEN Joernalistieke kursus volg.
Lizanne
Kruger
se blog,
Pandora se Dosie,
tref die kuberruim met haar eerste
humorinskrywing, Die
ding omtrent rugby-ma's. Klik
hier om dié lekkerlees humorinskrywing te
geniet.
1-2-3-Blog jouself
Madeleine Venter: (2014)
se twee kortverhale,
Tweede
Kanse (2021) en
Sommerso (2022) word in Huisgenoot
gepubliseer.
Anne
Marais
wat in
Norman
Evertson
is 'n Wes-Kaapse
korrespondent vir Netwerk24 en bedryf 'n suksesvolle
vryskutfotojoernalistieke besigheid.
Basiese
Joernalistiek en
Volledige
Fotojoernalistiek
M
Eugene Pienaar
wat in 2022 die blitskursus, Skryf
dinamiese dialoog, voltooi se kortverhaal,
Spookradio 302 FM, is gekeur vir die
LitNet-slypskool Om
te skryf.
Marilize King se
kortverhale word in verskeie publikasies onder 'n skuilnaam gepubliseer, onder meer:
Koue Pampoen (Huisgenoot); Roxanne vannie Cape Flats (Vrye Weekblad);
Die huis met die rooi lig
(Huisgenoot, onder 'n
skuilnaam).
ABC van Kortverhale +
Kortverhale met 'n Kinkel
Zelda
Brits: Ek laat weet net dat my finale punt vir my skripsie 70% was! Ek is
heel tevrede. Baie dankie vir jou bydrae.
Manuskripredigering
Hendie
Grobbelaar, wat in
2016 SA Vryskutskrywer se
ABC van Kortverhale-kursus voltooi, kan reeds 'n rits wenverhale en
kortverhaalbundels agter haar naam skryf. Haar jongste sukses is haar
kortverhaal,
Die Rooi Tekkies, wat
PEN Afrikaans se 2022-kortverhaalkompetisie
gewen het.
Marlene
Farmer se rubriek,
Rooiwangappels,
inbelsentrums en
afleweringsdienste,
word op Maroela Media
gepubliseer.
'n Tweede rubriek,
Wat die hart van vol is,
word in die tydskrif,
Kuier, gepubliseer.
Skryf Kreatief!
Elmé
Steyl (12) se verhaal,
Die Waterwese
wen
tweede plek in Storiewerf
se skryfkompetisie vir kinders.
Kom ons skryf 'n Storie
Ghafeetho
Abrahams voltooi
in
2017 ons Engelse
blogkursus en begin 'n
suksesvolle
blog wat die aanloop tot
'n paar
topverkoperboeke is.
1-2-3- Blog myself
Eugene Pienaar doen
proefleeswerk op 'n vryskutbasis.
Blitskursus: Praktiese
Redigering
Marie
Smit: Ek moet die volgende met jou deel: Elmé Steyl, my
kleindogter, wat by jou die kinderskryfkursus gedoen het, het
Juliemaand vanjaar aan 'n skryfkompetisie by Storiewerf deelgeneem.
Sy het pas gehoor dat sy tweede prys gekry het - prysgeld R800! Ek
glo dat jou kursus haar gestimuleer het en dat dit definitief
bygedra het tot haar sukses! 'n Klop op die skouer vir jou ook!
Kom ons skryf 'n Storie
Leana Welgemoed wat in
2019 SA Vryskutskrywer se
Teksredigering-kursus voltooi,
bedryf haar eie besigheid en word 'n 5-ster lid van
First Tutors SA.
Deserise Cocklin-Viljoen bedryf 'n suksesvolle
vryskutbesigheid as teksredigeerder.
Proeflees & Redigering
en Verfrissingsredigeringskursus
June
Botha: Die kursus het my
geweldig gehelp om my
swak punte in skryf uit te
wys terwyl ek
Vlug van die Nag
geskryf het. Ek benader, sien en
hersien elke reël uit ‘n
ander lig. Ek het ontdek ek
vertel meer as wat ek moet.
Ek gebruik onnodige woorde –
kan meer werkwoorde invoeg.
Kort en kragtige sinne – is
amper soos – minder is meer.
En ek hou daarvan. Ek gaan
dit beslis meer gebruik.
Daarbenewens besef ek dat
elke hoofstuk oordink, soms paragrawe.
Die storielyn kry meer
‘grond’. Dit verstewig my
storie. Dit laat my met meer
gemak, selfs selfvertroue
skryf. Hierdie kursus was
regtig ‘n aanwins. En dankie
vir jou eerlikheid in my
werk.
Selfredigering
Hendie
Grobbelaar voltooi in
2016
die
ABC
van Kortverhale-kursus en debuteer kort daarna met
haar eerste
kortverhaalbundel,
Potskerwe, en in 2017
verskyn haar tweede bundel,
Striksvye. Haar
kortverhale is ook opgeneem
in die US Woordfeesbundels
van 2017 en 2019.
Helene
Meissenheimer
is as
joernalis aangestel by
Die Kerkbode.
Proeflees & Redigering
Marlien
van der Westhuizen: Ek het nou begin kyk na die notas-dokument van my
M-skripsie. Jy het soveel moeite gedoen. Waardeer dit vreeslik.
Manuskripredigering
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.