SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfmekka

 

 

Hierdie gedeelte is spesiaal vir Afrikaanse boekwurms met vars nuus oor skrywers, digters, boeke en die uitgewersbedryf.

Kontak ons met enige boekenuus.

 

 

 

 

Volg ons Facebook BOEKRAK-blad vir gereelde resensies en boekenuus uit die pers.


 

Kopiereg en billike gebruik vir leke

Die beweegredes vir kopieregbeskerming is beloning en aansporing. As iemand die moeite gedoen het om ’n outeursregwerk te skep, en daardie werk voldoen aan die basiese vereistes, ontstaan kopiereg outomaties. ... Wat is kopiereg? Hoekom is daar iets soos kopiereg? Mag ek iemand se kiekies op die sosiale media deel? Mag ek ’n gedig met WhatsApp na ’n vriendin stuur? En wat van billike gebruik? Naomi Meyer en Izak de Vries het by Catrina Wessels, ’n kopieregkonsultant en literêre agent, gaan aanklop om ons, in gewone taal, hierdie sake te laat verstaan. Volledige berig.

 

Nuwe kopieregwet deur parlement aanvaar: Wat skrywers moet weet

Dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg skrywers direk raak, is voor die hand liggend. Skrywers maak op kopiereg staat. Baie skrywers skryf om den brode. Die Wet op Outeursreg gee hulle die eksklusiewe reg om, onderworpe aan sekere beperkings, seggenskap te hê oor hul kreatiewe werk. Daardie eksklusiwiteit is ’n belangrike faktor vir die kommersialisering van skryfwerk en ander skeppende werke. Lees volledige artikel hier.

 

Dié Afrikaanse boeke is amptelik 2021 se gewildste

Verlede week het daar weer eens ’n groot storm op Facebook losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat enorme hoeveelhede Afrikaanse boeke in PDF-formaat onwettig deur ’n groep op Telegram versprei word. Dit is nou al die hóéveelste keer die afgelope tyd dat hierdie tipe onderduimse en misdadige bedrywighede op die een of ander digitale platform oopgevlek word en skrywers vies en moedeloos reageer omdat hulle so gewetenloos besteel word. Verlede jaar, tydens die aanvang van die nasionale grendeltydperk, is PDF’s van tydskrifte ook op grootskaal onwettig versprei. Dit was waarskynlik een van die laaste spykers in die doodskis van baie van ons se gunstelingtydskrifte. Vandag gaan soek ons tevergeefs op die winkelrakke na publikasies waarvan sommiges dekades lank te koop was. Lees die volledige berig hier...

 

"Hoë" boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal

Met die onlangse opskudding oor die vlaag e-boekdiefstalle het heelwat kommentators en lesers gekla dat boeke in Suid-Afrika baie duur is. Deon Maas het byvoorbeeld op sosiale media kritiek uitgespreek teen skrywers wat beswaar teen e-boekdiefstal maak, en daarop gewys dat die formaat waarin boeke digitaal aan verbruikers beskikbaar gestel word, dié bedryf kwesbaar maak vir die verspreiding van roofkopieë. Maar is boeke hier te lande werklik duur? Of moet uitgewers versigtig meet en pas om die begroting te laat klop en boeke winsgewend te produseer? Lees die volledige berig hier...

 

Skrywers pleit: Moenie rooflees nie!

Die krimi-koning Deon Meyer sê hy was salig onbewus van sy jongste treffer, Donkerdrif, wat vir die tweede opeenvolgende jaar ’n uitsonderlike boeke-mylpaal aangeteken het. Lees die volledige berig hier...

 

 

Wêreldboeke-en-kopieregdag: Uitgewersbedryf, regskenners laat hul stemme hoor

Wêreldboeke-en-kopieregdag word in April gevier. Skrywers, uitgewers en ander betrokke partye in die bedryf het vanjaar dié geleentheid gebruik om nie net lees te bevorder nie, maar ook hul stemme dik te maak oor die onregmatige verspreiding van hul werk.

Sedert die begin van die afsonderingstydperk is daar ʼn toename aangemeld in die verspreiding van materiaal, meer spesifiek digitale kopieë van tydskrifte, e-boeke, boeke wat gekopieer en in PDF-formaat aangestuur word, asook die opname en voorlees van stories.

Maroela Media het by regskenners en uitgewers gaan aanklop om meer uit te vind oor intellektuele eiendomsreg, skending van outeursreg en die verantwoordelikheid van uitgewers en lesers in die verspreiding van materiaal. Lees die volledige berig hier...

 

 

Mediaverklaring: Kortlyste van 2020 UJ-pryse

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë (dit is debuutwerk en andersins) toegeken aan besondere en uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is. Dit is vanjaar die twintigste jaar wat die UJ-pryse toegeken word. Lees verder ...

 

Onregmatige handel in e-boeke is 'n misdaad

Mense wat skuldig bevind word aan die onregmatige handel in e-boeke, kan ’n boete van R5 000 of drie jaar tronkstraf vir dié misdaad opgelê word, sê André Myburgh, ’n regsgeleerde wat in kopiereg in die uitgewersbedryf spesialiseer. Lees verder ...

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse