Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed
Skryfaanhalings
Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersêgoed te begin?
Skryf is, benewens harde werk
en 'n Trojaanse toertjie in selfdissipline, ook 'n magiese ervaring. ~
Chanette Paul
~
Skrywers is die swartskape van die
gemeenskap en dit is goed om af en toe saam met hulle dronk te word. ~ Etienne
Leroux
Die wêreld se
enigste veilige plek is binne-in 'n storie.
~ Athol Fugard

Mens stuur nie jou kind slordig
partytjie toe nie – as jy omgee vir die arme bloedjie. Nou hoekom sal jy dan ʼn
slordige manuskrip voorlê? Mens stuur jou woordkind net weg omdat jy daarop
trots is. Dis jou taalkind en moet taalnetjies by die uitgeegeleentheid aankom. ~
Hans du
Plessis
As jy 'n betrokke
roman skryf, is jou kanse op 'n goeie resensie beter as wanneer jy nie betrokke
skryf nie.
~ P.G. du Plessis
Van al die kwaliteite wat 'n boek
moet hê, is die vernaamste dat dit leesbaar moet wees. ~ Anthony
Trollope
Daar is min sin in
'n boek wat jy nie geniet nie.
~ Sir John Lubbock
Sonder boeke is
God stil.
~ Thomas Bartholin
'n Kritikus word deur jare van
waarneming en studie gevorm. Resensente spring op soos paddastoele. ~ La Bruyêre
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.