Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief
SA Vryskutskrywer se GRATIS nuusbrief is 'n noodsaaklike
verlenging van jou skrywerslewe aangesien daar beslis géén ander Afrikaanse nuusbrief
ter wêreld met dieselfde inhoud bestaan nie. En heel moontlik ook nie in enige
ander taal in Suid-Afrika nie. Moet dus nie versuim om in te teken nie. Gebruik
onderstaande vorm om jou vinnig op jou pad na skryfsukses te help.
- Het jy dalk een van ons nuusbriewe misgeloop?
-
Of wil jy eers sien wat ons nuusbriewe aanbied voordat jy daarop inteken?
-
Wat ookal die rede waarom jy op dié blad beland het... hier kan jy al ons nuusbriewe onder een vaandel vind - met die skakels na elke volledige nuusbrief en sy inhoud.
Lekker lees!
Desember 2021 NUUSBRIEF
INHOUD
Van my rekenaar: Annus horribilis?
MEDEWERKERS: » Nuuspod » Cordis Trust » Nog medewerkers
SKRYFWENKE: » Hoe skryf jy dialoog vir 'n kinderboek? » 5 Elemente van 'n kortverhaal
ARTIKELS: » 2021 - Die jaar wat was » Waarom skryf jy nie 'n novelle nie?
SKRYFWENK: » Onfeilbare wenke om meer stories te verkoop
VRYSKUTNETWERK: » Ontmoet ons lede » Wil jy aansluit?
OP ONS WEBBLAD:
Die doelwit van hierdie virtuele skryfklub is om vir jou 'n platform te verskaf waar jy jou stories, gedigte of enige ander skryfsels kan plaas sodat ander mense dit kan lees en selfs terugvoering kan gee. So sluit onverwyld aan!
Nuuspod publiseer video-onderhoude en artikels op Youtube.com om nuus en aktualiteit hoofsaaklik in Afrikaans beskikbaar te stel deur veral te fokus op die storie agter die nuus, alhoewel van die materiaal soms in Engels verskaf sal word. Hoewel politiek en misdaad die brandendste kwessies in Suid-Afrika is, gee Nuuspod ewe veel aandag aan ander sake soos die wetenskap, gesondheid, finansies, goeie nuus ensovoorts.
Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as 'n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968 - 18/10/1989). Die doelwitte van Cordis Trust (Uit die hart) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop).
SA Skrywers is geskep vir skrywers wat graag skryf en aan uitdagings wil deelneem en sodoende die kans te staan hul stories in 'n bundel opgeneem te word.
2022 SKRYWERSALMANAK
Het jy al ons unieke 2022 Skrywersalmanak afgelaai?
|
|
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.