


Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar en suksesverhale afstaan ...
Gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is.
Akademiese redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Ander redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Bets Koen:
Ek het vandag ’n behoefte om vir jou dankie te sę. Ek het die “behou
perspektief’-kursus by jou gedoen. Hoe meer ek proeflees, hoe meer
besef hoe belangrik perspektief is. Jy kan nie een oomblik in een ou
se kop wees en dan skielik in ’n ander een s’n nie. Dit skep ’n
onrustigheid vir die leser van die verhaal. En dit lyk vir my asof
min mense wat skryf, dit besef. Ek is so dankbaar ek kon dit doen.
Baie dankie!
Blitskursusse: Behou jou Perspektief
Essie
Bester (Tydskrifjoernalistiek
+
Teksredigering) publiseer
verskeie artikels in verskillende
tydskrifte en aanlyn; doen teksredigering vir
universiteitstudente.
Helaine
Langenhoven: Jy maak my dag, my naweek en moontlik my jaar! So baie dankie
vir die mooiste terugvoering! Ek dank Abba dat Hy jou gekies het om my
toesighouer te wees. Ek was voorbereid op enige uitslag... het regtig nie geweet
wat om te verwag nie. Nogmaals dankie!
Christelike
joernalistiek
Thys
du Preez: Ek bluf myself nie: 'n mens sien nie jou eie foute raak nie. Die
beste skrywers maak op redakteurs staat. Ek is nie spyt dat ek hierdie kursus
geloop het nie - ek het baie (maak dit dęm baie) geleer.
1. Karakters moet behoorlik ontwerp word, al is dit net 'n 800-woord verhaaltjie.
2. Verhale bestaan uit karakters, NIE gebeure nie. (Jy noem die middeleeuse skrywer wat dit gesę het.)
en nog vele meer - ek sal al die lesings weer moet deurwerk as ek 'n behoorlike lys wil saamstel. Dis dalk nie 'n slegte idee nie. En ek het dit baie geniet. Soveel dat ek spyt is dis klaar. ABC van Kortverhale
Lourien
Leeuwner (Basiese
kursus in Poësie)
publiseer haar
eerste bundel,
Kougomharte,
terwyl sy nog op skool is.
Naomi
Kerchhoff
se artikel verskyn
in Kuier-tydskrif.
Blitskursus: ABC
van Tydskrifartikels
Charné Harding:
Baie dankie vir al jou tyd en moeite. Die kursus was vreeslik
lekker. Ek het só baie geleer.
Skryf Kreatief!
Moira:
Sjoe! Baie, baie dankie. Dit is so goed gedoen. Jy is n ster! Ek sal elke keer
terugkom na jou toe. Skryfdienste
Madli
Grobbelaar (Koerantjoernalistiek)
slaan 'n permanente joernalistieke pos
los by Media24 in Bloemfontein. Lees 'n onderhoud met haar
hier.
Martie
Bargiacchi (Skryf
Kreatief) kry 'n pos by Malherbe Uitgewers se tydskrif.
Danette
Newton:
Baie dankie vir my sertifikaat en ook
vir die geleentheid wat julle bied om kursusse te kan doen wat bekostigbaar is. Proeflees
Ankia
von dem Bongart: Aan die einde van
hierdie kursus wil ek jou bedank vir 'n wonderlike leerskool! Al die opdragte
was relevant en het my gedwing om baie diep te grou in my kreatiewe laaie. Dit
was harde werk maar baie lekker.
Dit was baie
betekenisvol om te kon bevestig dat ek wél 'n talent vir skryf het. Skryf
Kreatief!
Carol
Steyn:
Vreeslik baie dankie vir die
uitstekende redigering van my LitNet-artikel!
Ek het dit wat ek gekry het deurgegaan en is baie tevrede. Ek besef ook ek het
die proeflees nodig. Ek is Afrikaanssprekend, maar skryf selde in Afrikaans.
Dink jy kon dit agterkom! As ek weer in Afrikaans skryf, sal jy daarvan weet!
Manuskripredigering
Tilla:
Ek is gaande oor die toespraak en dink dat my dogter net so mal daaroor sal
wees. Ek sal weer in die toekoms van julle dienste gebruik maak. Baie dankie vir
hierdie puik diens.
Toesprake
Yvonne de
Kock: 'n E-pos wat ek nooit ingedink het ék sal ontvang nie - 'n
ATKV-Veertjie-nominasie! En om te dink dit is vir die artikel wat ek met
onderskeiding geslaag het vir my SA Vryskutskrywer-sertifikaat! My
nominasie-artikel het in die uitgawe van 4 Februarie 2011 in Vrouekeur
verskyn as: Net 'n siekte ...
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
+
Gevorderde kursus in Tydskrifjoernalistiek
Elsabé Welman
bedryf 'n suksesvolle
proefleesonderneming na voltooiing van haar kursus.
Proeflees
Frik du Toit
bedryf 'n suksesvolle
proefleesonderneming na voltooiing van sy kursus.
Proeflees
Antoinette
Munro: Baie dankie vir al jou moeite! Ek
het regtig baie geleer!
Proeflees
Amanda
Claassens: Baie dankie vir al jou
toewyding met SA Vryskutskrywer. Daar is inderdaad nie nog so iets
beskikbaar vir ons aspirantskrywers nie.
Retief
Loubser: Wie onthou 'Fanie en Melanie' vir skooltake? Deesdae is dit
'Huisgenoot in die Klaskamer', en vandeesweek maak ek my
vryskutskrywersdebuut as lid van die laerskoolspan. Sien bl. 94 -
97... Ongelukkig verskyn my naam nie daarby nie, maar dis 'n beskeie
begin! My skryfwerk sal DV vanaf Februarie 2013 meer gereeld in
hierdie rubriek verskyn. Christelike
joernalistiek
Sandra
Smith:
Baie, baie dankie; jy is
baie 'n goeie inspirasie! Ek gaan VIR SEKER meer skryf!
Blitskursus:
Skryf dinamiese dialoog
Sarlene Horn
se skets, “Water en wiele”, oor haar
fietsvakansie in Nederland verskyn in Vrouekeur (Februarie
2019)
Vonkfiksie
Abraham
Hamman: Baie dankie vir jou hulp en voorstel dat ons die
artikel
aan LitNet
Akademies stuur. Ons is werklik trots daarop dat dit gepubliseer is.
Manuskripredigering
Susan
Venter: Dankie vir die goeie kursus. Ek het dit geniet en baie
geleer. Die kursus het my verwagtinge ver oortref. Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Jolandi
Roux: Baie dankie vir 'n heerlike kursus! Ek het dit regtig
geniet. Die inhoud was hoogs interessant en die opdragte was ’n
uitdaging.
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Gus
Pauw: Jy het my dag gemaak! Ek was regtig ERG bekommerd. Mense
is brose wesens wat maklik deur baie goed in die lewe sleg gevang
word en dan werk dinge nie uit soos ons dit wou gehad het nie. Die
kommentaar oor my gebruik van kommas was ek te wagte. Ek maak graag
van kommas gebruik om dít wat ek bedoel duideliker te laat uitstaan,
maar toe lyk die kommas in die werkstuk vir my te veel en dalk
oorbodig. Oor die werkwoord is ek dankbaar dat jy dit uitgewys het,
want ek het vir 14 jaar my werk so die helfte in Engels en die ander
helfte in Afrikaans gedoen en daarna vir die afgelope 15 jaar
feitlik alles net in Engels. So het ek na ‘n tyd soms begin twyfel
aan my vermoë om vinnig in behoorlike Afrikaans te kan skryf en spel
ondanks die feit dat ek in 1999/2000 daarin geslaag het om my hele
proefskrif self te tik en te redigeer.
Proeflees
|
| ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 









