


Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar en suksesverhale afstaan ...
Gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is.
Akademiese redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Ander redigerings deur SA Vryskutskrywer.
													
													
													
Hendie 
													Grobbelaar voltooi in
													
													2016 
													die
													
													
													ABC van Kortverhale-kursus 
													en debuteer kort daarna met 
													haar eerste 
													kortverhaalbundel, 
													Potskerwe, en in 2017 
													verskyn haar tweede bundel,
													Striksvye. Haar 
													kortverhale is ook opgeneem 
													in die US Woordfeesbundels 
													van 2017 en 2019.
													
													
Helene 
													Meissenheimer  
													 
													
													is as 
													joernalis aangestel 
													by
													
													
													Die Kerkbode.
Proeflees & Redigering 
													 
													
Marlien 
van der Westhuizen:  Ek het nou begin kyk na 
die notas-dokument van my M-skripsie. Jy het soveel moeite gedoen. Waardeer dit 
vreeslik.
													
													
Manuskripredigering
													
Marilize 
King:  Baie dankie vir jou terugvoering. Dit is baie waardevol, want anders 
weet 'n mens nie of jy vorder en of jy dalk die kat aan die stert beet het nie.
ABC 
van Kortverhale
													
Norman 
Evertson:  Baie dankie vir alles. Jou bystand 
en leiding is uitstekend! 
										
Basiese 
Joernalistiek en 
Volledige 
Fotojoernalistiek
Louise 
			Schoeman: Hierdie kursus was uitdagend en heerlik. Ek het so 
			baie geleer, ook van myself in terme van die skryfproses. Tot nou 
			toe was ek maar ‘n baie lui skrywer wat relatief maklik woorde op 
			papier kon sit en met min verdere moeite, tevrede was. Nou besef ek 
			eers hoeveel ure se werk aan een gedig nodig is om dit enigsins meer 
			as net ‘mooi woorde in ‘n ry’ te maak. Die ontleding van die meester 
			digters in ons taal se gedigte het daardie besef net verder 
			versterk. My ma onthou dat Opperman dikwels in die klas gesê het: 
			“Dig is 10% inspirasie en 90% perspirasie”. Inderdaad. 
			
			Poësietegnieke
													
Diana Pieterse 
													  
													
													se kinderboek, 
													Plooitjie die Vlooitjie, 
													wat sy deur SA 
													Vryskutskrywer en SA 
													Kinderboeke se
													
													Kinderboek-aanlynslypskool 
													
													voltooi het, is vir 
													publikasie deur Naledi 
													Uitgewers aanvaar en sal 
													eersdaags op die rakke 
													beskikbaar wees.
													
Elsabé 
													Welman: Dankie vir jou 
													terugvoer hier onder, Leoni 
													Benghiat van SA 
													Vryskutskrywer. Jou inset 
													het my gemotiveer om deur te 
													druk tot die finale produk. 
													"Elsabé, die storie is 
													omvangryk en werklik 
													BOEIEND. Dit het 'n heerlike 
													storielyn en heelwat kinkels 
													wat tot 'n puik klimaks lei 
													- 'n puik afwenteling. Jou 
													gebruik van rekenaartaal is 
													vernuftig ingewerk. Baie, 
													baie slim." 
													Manuskripredigering
													
													
Willem Breyl: 
													  
													My 
													 
													gedig, Tyd van skeiding, is gekies as een van nege in die 
Stuur my jou Woorde III-kompetisie wat getoonset is deur Lizanne 
Barnard! Die aanlyn-konsert is 2 Oktober. Baie dankie vir jou aanmoediging 
en dat jy my van die kompetisie vertel het!
													Jou aanmoeding is beslis 
													rede om nóg te skryf. 
													My debuut-digbundel, 
													
													
													Soos 'n droom verby, is ook 
													eersdaags beskikbaar! 
													Manuskripredigering
Brandon: 
Baie, baie dankie. Dis heeltemal perfek geskryf. Net wat ek wou gehad het. 
 Skryfdienste 
 
														
Stephanie 
Rappard  se rubriek, 
'n Kopluis vir Krismis, wat sy deur SA Vryskutskrywer se
rubriekslypskool 
voltooi 
het, word in die Februarie/Maart 2020 Plus50-uitgawe gepubliseer.  
Carla 
Lang voltooi die  
 
Teksredigering-kursus in 2016 en word 
daarna aangestel as
redakteur by Protea Boekhuis.
Hendie 
Grobbelaar   (ABC 
van Kortverhale) se mini-kortverhaal, 
Eenduisend Perdekrag, 
is die naaswenner in 
SKROP 
se 
kort-kortstorie-kompetisie: DIE LIEFDE BENODIG MIN WOORDE.  
														
Hendie 
Grobbelaar  (ABC 
van Kortverhale) se kortverhaal, Die Ruimteskip, is die 
wen-verhaal in die 2019 Woordfeeskortverhaal-kompetisie en bring haar 'n stewige 
R30,000 in die sak.  
Essie 
Bester  (Tydskrifjoernalistiek) 
word aangestel as 'n permanente 
vryskutartikelskrywer by
Solidariteit. 
Lizelle von 
Wielligh (ABC 
van Kortverhale) is een van LAPA se suksesvolle
Romanza-skrywers.
Christiaan 
de Swardt, een van ons
Vryskutnetwerklede, word aangestel as permanente korrespondent van die
Hessequa Nuus.
Wim 
du Toit voltooi in
2018
die
Proefleeskursus
en bedryf 'n vryskutvertalersbesigheid.
Helaine 
Langenhoven:  Woordeloos dankbaar 
en tjankerig...! Baie dankie vir jou aandeel aan hierdie groot vreugde vandag. 
Jou mooi opbouende advies en raad was van die begin af 'n riem onder die hart! 
Hoe sê my pa: "Lyk my jy het jou forté ontdek"? En hoeveel jare het ek nie 
daarna gesoek nie.... 
Christelike 
										joernalistiek
Essie 
Bester:  Ek wil net weer dankie 
sê vir al jou hulp tydens my kursus in tydskrifjoernalistiek. Ek dink dis net 
regverdig dat ek my artikel oor kuberveiligheid (waarin jy ook ’n reuse aandeel 
het) vir jou aanstuur. Dit verskyn in die Augustus-uitgawe van Rooi Rose 
wat dié week op die rakke is. Ek geniet die skrywery terdeë en het al ’n paar vir
Vrouekeur gedoen en selfs vir Die Burger. Tussen-in waag ek my 
hand aan ’n novelette, doen ook bietjie vertaalwerk en het al selfs ’n 
navorsingsverslag se taalversorging hanteer. Dit was nogal ’n uitdaging 
aangesien dit oor rugby gehandel het - ’n sport waarvan ek bitter min weet!
										Tydskrifjoernalistiek 
										+
										
										
Teksredigering
Elsabe 
de Beer: Baie, baie dankie vir die hulp en bystand met my kursus! Ek 
waardeer jou professionaliteit!  
Proeflees
Adele 
van Zyl: Dit is ‘n pragtige sertifikaat! Baie dankie SA Vryskutskrywer. Dit 
help vir seker met die selfvertroue en trots voel.  
Blitskursus: Rubriekskryf 
Helaine 
Langenhoven 
(Christelike 
										joernalistiek)
se 
proefartikel is deur JUIG! aanvaar en verskyn in die November 
2017-uitgawe.  
Zanne Vorster: Ek 
het nou net jou terugvoering gelees - ek's in die wolke! Ek geniet jou kursus 
verskriklik baie. 
										
										
Teksredigering
Marie 
Smit:  Die kursus het vir my hopeloos te gou verby gegaan en was 'n groot 
lekkerte waartydens ek baie geleer het.  
Proeflees
			
Joanita 
Erasmus:  Ek het toe my MA-graad met lof gekry en wil sommer weer eens dankie 
sê vir die puik redigering! 
Manuskripredigering
														
Nico 
van Rensburg: Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank 
met jou hulp met die skepping van 
DOLLARS EVENTUALIS. Jy sal 
onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou 
aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke 
regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop 
neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om 
stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy 
gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die 
beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my 
talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd 
dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse 
geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my 
boek 
DOLLARS EVENTUALIS 
														wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is. 
Nogmaals baie dankie. 
| 
							
						
							
						 | ![]()  | 
  | 
  | 
  | 
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 









