Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar en suksesverhale afstaan ...
Gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is.
Akademiese redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Ander redigerings deur SA Vryskutskrywer.
Jenny:
Baie dankie vir jou
uitmuntende diens¶¶¶¶¶. Ons
sal jou definitief weer nader vir ‘n volgende projek. Verskriklik dankie vir die
ongelooflike werk wat jy binne so 'n kort tydjie bemeester het.
Skryfdienste
Abraham Hamman
en Windell Nortjé se
artikel is deur LitNet Akademies
(Regte) gepubliseer.
Manuskripredigering
Marie
Schoeman (Praktiese
kursus in Artikels skryf) kom derde uit 250 inskrywings in 'n
skryfwedstryd deur Huisgenoot
aangebied.
Hendie
Grobbelaar, wat in
2016 SA Vryskutskrywer se
ABC van Kortverhale-kursus voltooi
het, is een van 25 skrywers wie se kortverhaal in die
Woordfees 2017-bundel opgeneem is en een van haar verhale is ook deur Kuier
gepubliseer. Sy het in 2016 haar
eerste kortverhaalbundel, Potskerwe, gepubliseer en dit in 2017 opgevolg met 'n tweede,
Striksvye (2017).
Liezel Slabbert: Jy het my
skoon in trane van blydskap. My seun (14) het my so baie ondersteun terwyl ek
die kursus gedoen het en ek is so bly om hierdie kwalifikasie uiteindelik met
hom te kan deel. Mag God jou seën vir jou inspirasie!
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
René van Staden: Ek het nooit
kon dink dat artikels skryf so 'n verfynde kuns is nie, maar die formules in die
kursus is baie eenvoudig om toe te pas. Skielik het ek van zero na talle
artikels gegaan. My eerste artikel is onmiddellik aanvaar net nadat ek die
kursus voltooi het. Baie dankie!
Praktiese kursus in Artikels skryf
Baie
dankie aan jou en SA Vryskutskrywer omdat julle omgee. Hierdie is nét wat
voornemende skrywers nodig gehad het. Julle vul 'n yslike gaping in aanlynstudies
vir skrywers. In AFRIKAANS.
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Caty
Nel: Baie dankie vir die konstruktiewe terugvoer en ekstra inligting. Baie
dankie vir die kursus, ek het dit waarlik geniet.
Blitskursus: ABC van
Tydskrifartikels
Stephan Naudé: Nadat ek my
boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en
hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te
proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en
ek was nie verseker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n
baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was
uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se
proefleesdienste beslis honderd
maal aanbeveel.
Manuskripredigering
Maryna Moolman:
Jippee, ek het
my eerste formele e-boek projek gekry om te doen. En nog een wat ook wag. Danksy
SA Vryskutskrywer wat my deur middel van die
werkgeleenthedeblad
op
O-desk se spoor gesit het!
Baie
dankie vir 'n fantastiese kursus. Dit het 'n hele nuwe wêreld vir my geopen en
ek kan nie genoeg dankie sê nie!
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Jo van Staden: My
persverklarings het nog nooit regtig die resultate gelewer waarvoor ek gehoop
het nie, maar ek het nie geweet wat ek anders moes doen nie. Nadat ek die blitskursus voltooi het, het ek presies
geweet waarom niemand in my gebla-bla belanggestel het nie. Sedertdien het ek
drie nuwe persverklarings namens my maatskappy uitgestuur en die reaksie was
fenomenaal! Waar was SA Vryskutskrywer al die vorige jare?
Blitskursus: Wenformule vir
'n Persverklaring
Die
Tydskrifjoernalistieke kursus is 'n fantastiese afspringplek vir enige nuwe
skrywer. Leoni se eerlike kommentaar op my artikels en haar hulpvaardige leiding
het my beskouiing van die geskrewe woord sommer handomkeer verander! Ek kan nie
wag om my gevorderde SA Vryskutskrywer-kursus aan te pak nie.
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Santie
Groenewald: Ek het die kursus baie geniet. Dit was pret om self
nuusstories te soek en daaroor te skryf. Ek het ook heelwat by die ingeslote
fotografiekursus geleer.
Gemeenskapsjoernalistiek
Pieter Vermeulen:
Ek is mal
oor die
spesiale verslae. Daar is omtrent nie 'n aspek van skryf wat ek nie deur
die verslae kan opknap nie. Die inligting is deeglik uiteengesit en neem nie
baie tyd in beslag om dit onder die knie te kry nie. En beste van alles is dat
ek dit in my eie tyd en op my eie kan doen.
Spesiale verslae: Voer
die perfekte onderhoud +
Hoe om 'n artikel te skryf
Marie Wandrag:
Ek staan
verstom oor die hoeveelheid inligting wat skielik via SA Vryskutskrywer vir
Afrikaanse vryskutskrywers beskikbaar is. Ek het altyd met sulke begerige oë na die
Amerikaanse webwerwe gekyk wat uitsluitlik op vryskutskrywers fokus en gewens
daar kon 'n Afrikaanse eweknie kom. En raai wat? Daar het! Die
101 Afrikaanse tydskrifmarktedatabasis
is 'n fantastiese aanwins want dis so maklik om op die
lys te kyk en die tydskrif van my keuse te kontak. Ek hoef ook nie eens die
tydskrif te gaan koop om te bestudeer nie want die databasis bevat sommer die
riglyne ook. Yee-haa! As die Yanks dit kan regkry kan ons Afrikaanse ouens mos ook!
Doe so voort, SA Vryskutskrywer. Databasisse
Elize Beylew:
Ek wil julle bedank vir die heerlike kursus;
ek het dit terdeë geniet. Dit was baie insiggewend, interessant en inspirerend om
die leerstof deur te werk.
Die vinnige terugvoering is baie waardeer, dit het my altyd goeie aanduiding
gegee of ek op die regte spoor is.
Skryf 'n nie-fiksieboek
Cape
Media: Dankie vir die vinnige resultate met ons soeke na 'n
skrywer in Bloemfontein. Ons gaan beslis weer van julle diens gebruik maak.
Vryskutnetwerk
Rianne
van Vuuren: Die artikel
wat julle vir my taalversorg het is toe by
LitNet Akademies geplaas. Dankie weer eens vir werklik goeie werk!
Manuskripredigering
Rina
Burger:
Ek wil julle graag vandag weer bedank vir die geleentheid om my besonderhede op julle
webblad/nuusbrief te vertoon vir my tikwerk wat ek vanaf die huis doen. Mense
kontak my gereeld om hulle te help met tikwerk en dit sou nie gebeur het as ek
nie van julle gebruik kon maak nie. Sterkte met julle dienste en nogmaals baie
dankie.
Bladskakels
Emsie
Martin: Ek is oorstelp! Albei my proefartikels is deur Vrouekeur
aanvaar! Dit was voorwaar 'n baie deeglike - en lekker - kursus om te doen.
Baie, baie dankie vir al jou bystand en hulp.
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Marie
Schoeman: Ek wou net laat weet dat julle kursusse vrugte afwerp. Ek het
derde gekom in 'n wedstryd (daar was meer as 250 inskrywings) wat deur
Huisgenoot aangebied is.
Praktiese kursus in Artikels skryf
Madeleine
Venter: Baie dankie vir die voorstel om my kortverhaal aan Vrouekeur
te stuur. Ek het dit gedoen en my verhaal is aanvaar! Vreeslik dankie vir jou
motivering! Ek sal beslis nie nou ophou skryf nie :)
ABC van
Kortverhale
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.