Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste
Ons span
professionele skrywers en taalversorgers staan gereed om jou teks af te rond en
algeheel persklaar te
maak. Ons kyk na alle soorte manuskripte en teks:
dokumente
boekmanuskripte

rubrieke
gedigte
kortverhale, novelles
nuusvrystellings, nuusberigte
verhandelings
skripsies
referate
regsdokumente
korrespondensie
webbladinhoud
Kwessies wat tydens die redigeringsproses gedek word:
-
lomp stelwyses wat verbeter kan word
-
omslagtige stelwyses wat verkort kan word
-
elegante Afrikaanse stelwyses in plaas van Engelse stelwyses
-
woorde of frases wat nie binne die konteks van die teks gepas is nie
-
konsekwentheid wat betref spelwyse van name, instansies, afkortings
-
feitelike korrektheid
-
enige ander aanbevelings wat die teks kan verbeter
|
Slegs PROEFLEES (Ligte redigering) |
Slegs REDIGERING (Medium redigering) |
Volledige PROEFLEES en REDIGERING (Volledige redigering) |
Grammatikale redigering |
Korrigeer alle onbetwisbare foute in spelling, grammatika, sintaksis en gebruik, maar ignoreer enige uitdrukking wat nie 'n volstrekte fout is nie. Wys op paragrawe wat te woordagtig lyk, maar korrigeer dit nie. Ignoreer klein stukkies woordelikheid, presiese bewoording en jargon. Vra dat terme duidelik sal wees vir lesers. |
Korrigeer alle foute in grammatika, sintaksis en gebruik. Wys op of hersien enige ongerymdhede. Wys op die gedeeltes wat te woordryk of ingewikkeld lyk, en verskaf voorgestelde wysigings. Vra of gee definisies van terme wat waarskynlik vir lesers nuut sal wees.
|
Korrigeer alle foute en probleme in grammatika, sintaksis en gebruik. Skryf enige woordryke of ingewikkelde gedeeltes oor. Vra of gee definisies van terme wat waarskynlik vir lesers nuut sal wees.
|
Inhouds-redigering |
Doen navraag oor feitelike teenstrydighede en enige stellings wat verkeerd blyk.
|
Wys enige feite uit wat verkeerd lyk. Gebruik naslaanboeke om die inhoud te verifieer. Doen navraag oor foutiewe organisasie en leemtes in logika. |
Verifieer en hersien foutiewe feite met behulp van naslaanwerk. Herstel foutiewe organisasie en leemtes in logika en stel skrywer in kennis vir goedkeuring en hersiening. |
Strukturele redigering |
Moontlike hulp om organisasie en opskrifte te standaardiseer deur afwykings en leemtes uit te wys. Skripsies/tesisse: • Redigeringsertifikaat
|
Stel veranderinge voor aan organisasie en opskrifte wat die skrywer self moet aanbring. Skripsies/tesisse: • Redigeringsertifikaat |
Maak nodige veranderinge aan organisasie en struktuur en stuur aan outeur vir goedkeuring. Ingesluit: MANUSKRIPBEOORDE-LINGSVERSLAG Skripsies/tesisse: • Volledige strukturele hersiening, nagaan en toets van inhouds-opgawe, bronnelys nagaan • Redigeringsertifikaat |
Indien jy self 'n proefleser of redigeerder wil word, of as skrywer jou
redigeringsvaardighede wil slyp, kan jy dit gerus oorweeg
om vir een van ons redigeringkursusse in te skryf. Volledige besonderhede kan
hier
gevind word.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.