SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

Proeflees en redigering

 

Zelda Brits: Ek laat weet net dat my finale punt vir my skripsie 70% was! Ek is heel tevrede. Baie dankie vir jou bydrae. (M-skripsie)

 

Elsabé Welman: Baie dankie vir jou terugvoer. Jou inset het my gemotiveer om deur te druk tot die finale produk. "Elsabé, die storie is omvangryk en werklik BOEIEND. Dit het 'n heerlike storielyn en heelwat kinkels wat tot 'n puik klimaks lei - 'n puik afwenteling. Jou gebruik van rekenaartaal is vernuftig ingewerk. Baie, baie slim." Die boek, #vlugenterug, is in Augustus 2020 gepubliseer.

 

Marlien van der Westhuizen: Ek het nou begin kyk na die notas-dokument. Jy het soveel moeite gedoen. Waardeer dit vreeslik. (M-skripsie)

 

Carol Steyn: Baie dankie vir die uitstekende proeflees! Ek het die wat ek gekry het deurgegaan en is baie tevrede. Ek besef ook ek het die proeflees nodig. Ek is Afrikaanssprekend, maar skryf selde in Afrikaans. Dink jy kon dit agterkom! (LitNet Artikel)

 

Willem Breyl: My gedig, Tyd van skeiding, is gekies as een van nege in die Stuur my jou Woorde III-kompetisie wat getoonset is deur Lizanne Barnard! Die aanlyn-konsert is 2 Oktober. Baie dankie vir jou aanmoediging en dat jy my van die kompetisie vertel het!

 

Nico van Rensburg: Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank vir jou hulp met die skepping van DOLLARS EVENTUALIS. Jy sal onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my boek DOLLARS EVENTUALIS wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is. Nogmaals baie dankie.

 

Abraham Hamman: Baie dankie vir jou uitstekende redigering en LitNet-aanbeveling. Ons is baie trots op ons artikel wat op LitNet Akademies gepubliseer is.

 

Donette Havenga: Baie, baie dankie vir die spoedige terugvoer en puik versorging van my skripsie.

 

Bedelia Paulsen: Baie, baie dankie, Leoni. Ek moet ook vir jou sê – jy het ‘n baie fyn oog om goed raak te sien. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek die storie gelees het en goed misgekyk wat soort van geskreeu het dat dit verkeerd was nie. (The Forest... Friend or Foe?)

 

Rianne van Vuuren: Die artikel wat  julle  vir  my  taalversorg  het is toe by Litnet Akademies geplaas. Dankie weer eens vir werklik goeie werk!

 

Stephan Naudé: Nadat ek my boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en ek was nie seker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se proefleesdienste beslis honderd maal aanbeveel.

 

Joanita Erasmus: Jy sal nie glo nie, maar ek het eers verlede week die eksterne eksaminator se kommentaar op my bundel gesien (nadat ek die prof se sekretaresse gevra het of ek dit kan kry!). Daar is spesifiek melding gemaak oor die goeie taalversorging, so weereens dankie! In die verslag staan ook dat ek daaraan moet dink om dit te laat publiseer.

 

Andries Pieterse: Ongelooflik baie dankie vir uitstekende redigering van my tesis. Ek maak beslis weer in die toekoms van julle gebruik.

Enkele gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is

Akademiese redigerings

Ander redigerings

GETUIGSKRIFTEBLAD


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse