Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Skryf 'n Selfhelpboek
Het jy al ooit daaraan gedink om jou eie selfhelp-boek te skryf? Om jou eie stories van selfontdekking, oorwinning en groei te deel en ander te inspireer om hul volle potensiaal te bereik? Hierdie kursus is ontwerp vir mense wat passie het om nie net hul eie lewe te transformeer nie, maar ook om ander te help om dieselfde te doen deur middel van die mag van woorde.
Ons leer jou onder meer wat ‘n selfhelp-boek suksesvol maak en bekyk die beginsels van wat lesers in hierdie genre soek, wat hulle motiveer om aan te hou lees en hoe jy jou unieke benadering kan ontwikkel.
Ons help jou om jou eie pad van verandering te omskep in ‘n bruikbare en inspirerende gids vir jou lesers, terwyl jy duidelike en toeganklike inhoud skryf wat nie net jou lesers sal help nie, aar hulle ook sal uitdaag om aksie te neem.
Hierdie kursus is ontwerp om jou nie net te leer hoe om ‘n selfhelp-boek te skryf nie, maar om jou te help om ‘n boek te skep wat lewens sal verander. Of jy nou op soek is na selfgroei of om ander mense te bemagtig om dieselfde te doen, hierdie kursus bied jou die nodige kennis, vaardighede en motivering om jou projek te voltooi.
Jy het die krag om ander te inspireer – kom leer hoe om dit te doen!
Duur: 5-10 maande
Modules: 6 modules
Kursusfooi: R5,000
Afbetalingsopsies |
R2,500 X 2 |
R1,667 X 3 |
R1,250 X 4 |
R1,000 X 5 |
• Wat is selfhelp en waarom is dit so gewild?
• Kenmerke van 'n suksesvolle selfhelpboek
• Wat verwag jou lesers van 'n selfhelpboek
• Wat wil jy bereik met jou boek?
• Hoe om jou doelwitte duidelik te defenieer en te meet
• Hoe om jou eie ervarings en insigte te gebruik om ander te help
• Hoe om persoonlike stories te deel en dit deur jou boek te verweef
• Hoe om jouself as 'n gesagsfiguur in jou veld te posisioneer
• Hoe om ingewikkelde idees eenvoudig en duidelik oor te dra
• Hoe om die regte stories in te sluit om jou punt te ondersteun
• Struktuur en organisering van jou boek
• Kopieregkwessies
• Publikasie-opsies: tradisioneel vs selfpublikasie
Volledige
studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (80 bladsye)
-
Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare boekmanuskrip te kan voorlê
-
1 manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word
-
Hulpdokumente, template
Manuskripbeoordeling van voltooide manuskrip*
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids:
Skryf korrekte Afrikaans met flair
-
• Databasis: Afrikaanse uitgewers
• Spesiale verslag: Hoe om navorsing te doen
• Template vir beplanning, inhoud en boekformaat
• Spesiale verslag: Selfpublikasie 101
• Navorsingsdatabasis
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Volledige boekmanuskrip
* Slegs 'n VOLTOOIDE manuskrip kom in aanmerking vir die manuskripbeoordelingsdiens.
Skryf NOU in en ontvang jou
kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.