


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
			
Word ’n Woordwenner! Skryf jou ATKV-redenaarstoespraak met selfvertroue en styl.
Droom jy daarvan om op die verhoog te staan en met krag en oortuiging jou sê te sê? Dan is hierdie kursus vir jou! In Skryf ’n ATKV-Redenaarstoespraak leer jy hoe om ’n oorspronklike, slim en goed gestruktureerde toespraak te skryf wat indruk maak op beoordelaars én gehoor. Ons help jou om jou onderwerp met insig te benader, ’n sterk standpunt in te neem en jou idees kreatief en logies te orden. Boonop gee ons wenke oor styl, humor, retoriese tegnieke en hoe om jou stem te laat tel.
Of jy nou ’n beginner is of al ’n paar kompetisies agter die rug het – hierdie kursus wys jou hoe om jou woorde in wapens van wysheid te verander.

• Wat is 'n redenaarstoespraak?
• Doel van ATKV Redenaars
• Kenmerke van 'n suksesvolle redenaarstoespraak
• Hoe om 'n unieke invalshoek op die tema te kry
• Persoonlike betrokkenheid en passie
• Wees oorspronklik: vermy clichés en algemene idees
• Boublokke van 'n goeie struktuur: inleiding, middel, einde
• Retoriese vrae, herhaling, metafore
• Humor, ironie, emosie
• Woordkeuse en toon
• Redigeer, slyp en slyp nog
• Hoe om jou toespraak te verbeter
• Afronding van sinne vir impak
• Van bladsy tot verhoog: Hardoplees en ritme, tempo, pouses, liggaamstaal, stemgebruik
	
Volledige 
	studiepakket
- 
		
• Omvattende kursusnotas (20 bladsye)
• 2 Praktiese skryfoefeninge (deur jou skryfinstrukteur nagesien)
• 1 Voltooide ATKV-redenaarstoespraak met eie keuse onderwerp
• GRATIS Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Hulpdokumente, toespraaktemplate
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
 
Toelatingsvereistes 
- 
	
Liefde vir skryf
 - 
	
Rekenaar, e-pos en internet
 

Minstens 55% per module
							
							
							
							Skryf NOU in en ontvang jou 
						kursusmateriaal direk na betaling
							
							![]()  | ![]()  | 
  | 
  | 
  | 
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 















