


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
			
			
			
Boek gelees? Nou moet jy skryf? Moenie stres nie – ons wys jou hoe om dit reg te doen!
Jy het die boek klaar gelees (of dalk net vinnig deurgeblaai 😅)... en nou wag daar ’n boekverslag wat geskryf moet word. Maar moenie bekommer nie – hierdie kursus is jou geheime wapen! Ons wys jou sommer gou hoe om jou verslag te skryf sodat dit nie soos ’n vervelige opsomming klink nie.
Jy leer onder meer:
			      
			• hoe om jou mening oor die boek interessant te stel
      • hoe om slim dinge oor die storie, karakters en 
			temas te sê
      • hoe om jou verslag so te skryf dat dit klink of 
			jy weet wat jy doen (want jy sal weet!)
Maklik, prakties en sommer ’n bietjie pret ook. Jy gaan nooit weer ’n boekverslag met ’n sug aanpak nie.

• Verskil tussen 'n opsomming en 'n boekverslag
• Hoekom moet jy 'n verslag skryf (nie net vir punte nie!)
• Hoe om beter te lees én te dink
• Lees met 'n plan
• Hoe om belangrike aspekte in 'n boek raak te lees
• Praktiese wenke vir doelgerigte lees
• Dink oor die boek en besluit wat jy regtig dink oor die karakters, temas, boodskap
• Skryf jou verslag stap vir stap
• Hoe om jou eie opinie in te sluit
• Moet jy altyd positief wees?
• Eenvoudige selfredigeringstappe
• Kontrolelys om seker te maak jy het alles ingesluit
	
Volledige 
	studiepakket
- 
		
• Omvattende kursusnotas (20 bladsye)
• 2 Praktiese skryfoefeninge (deur jou skryfinstrukteur nagesien)
• Voltooide leesverslag
• GRATIS Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Hulpdokumente, template
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
 
Toelatingsvereistes 
- 
	
Voorgeskrewe boek
 - 
	
Rekenaar, e-pos en internet
 

'n Voltooide leesverslag
							
							
							
							Skryf NOU in en ontvang jou 
						kursusmateriaal direk na betaling
							
							![]()  | ![]()  | 
  | 
  | 
  | 
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 















