


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
			
Hierdie kursus is nommerpas vir jou as jy ...
			
			
nie seker is in watter genre jy die 
			lekkerste of graagste wil skryf nie; of
			
			
oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer 
			wil wees, maar die regte leiding benodig; of sommer net vir die 
			lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel om die beste 
			skrywer in jou klas te word.  
Dié kursus is volgepak met lekkerte. Hoewel ons jou steeds die fynere kunsies in elke genre wys, lê die klem beslis daarop om jou skryfvermoë te slyp met BAIE praktiese skryfoefeninge. En om jou die skryfproses te laat geniet! Hierdie is dus 'n kursus waarin jy van begin tot einde JOU stories sal skryf.
Kyk dus na onderstaande inligting en besluit waarvoor jy lus is of kans sien. Maar laat ons net aan die gang kom met jou skryfwerk!

- 
	
Module 1: Kortverhale
• Hoe en waar begin jy?
• Ontmoet jou karakters
• Praat met jou karakters
• Laat jou karakters lééf
• Skryf jou storie
Module 2: Gedigte
• Hoe om 'n gedig te ontleed
• Hoe om ‘n gedig te skryf
• Woordgebruik
• Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, klank en betekenis
Module 3: Rubrieke
• Definisie van 'n rubriek
• Vereistes vir 'n rubriek
• Skryfwenke
• Kenmerke van goeie rubrieke
• Voorbeelde
 
	
Volledige 
	studiepakket
• Omvattende kursusnotas (40 bladsye)
• 3 Praktiese skryfoefeninge (deur jou skryfinstrukteur nagesien)
• 1 kortverhaal, 1 gedig, 1 rubriek
• GRATIS Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Hulpdokumente, template
• 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes 
• Liefde vir skryf
• Rekenaar, e-pos en internet

Minstens 55% per module
							
							
							
							Skryf NOU in en ontvang jou 
						kursusmateriaal direk na betaling
							
							![]()  | ![]()  | 
  | 
  | 
  | 
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis 
			skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 















