Welkom by SA Vryskutskrywer - Slypskole
SA Vryskutskrywer het heelwat medewerkers en elkeen van ons se doelwit is dieselfde: om veral beginner-skrywers met raad en daad by te staan om hul skryfdrome te verwesenlik. Om hierdie ideaal te verwesenlik het SA Vryskutskrywer saamgespan met 'n paar Facebook-skryfgroepe - SA Skrywers, SA Kinderboekskrywers en SA Vryskutskrywer Skryfklub - om gereelde slypskole in die skryf van 'n roman en 'n kinderboek, asook 'n unieke poėsietegniekekursus en 'n maandelikse rubriekslypskool, aan te bied.
Ons slypskole is deeglik, uiters bekostigbaar en gerieflik, want jy hoef nźrens heen te gaan nie; jy woon die slypskool via Facebook en e-pos vanuit die gerief van jou huis of kantoor by. En jy betaal maandeliks. Wat is makliker of meer bekostigbaar?
Poėsieverrykingslypskool
Duur van slypskool: 2 maande (8 weke)
Modules: 2 modules
Fooi: R300 per maand (volledige fooi: R600)
Slypskooldatums: Elke maand
Aanbieder: Leoni Benghiat (SA Vryskutskrywer)
Navrae: Kontak Leoni Benghiat
Week 1
|
Hoe om 'n gedig te ontleed |
Week 2
|
Metrum Alliterasie Herhaling |
Week 3
|
Stemming Humor Satire |
Week 4
|
Retoriek Refrein |
Week 5
|
Simboliek Ironie |
Week 6
|
Digterlike vryheid
|
Week 7
|
Beeldgebruik Parodie |
Week 8
|
Afronding Publikasie |
Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die slypskool
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.