Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Stephanie Rappard se rubriek, 'n Kopluis vir Krismis, wat sy deur SA Vryskutskrywer se rubriekslypskool voltooi het, word in die Februarie/Maart 2020 Plus50-uitgawe gepubliseer.
Diana Pieterse se boek wat sy deur ons Kinderboekslypskool voltooi het, Plooitjie die Vlooitjie, is vir publikasie deur Naledi Uitgewers aanvaar en word eersdaags uitgegee.
Bianca Botha voltooi ons eerste Kinderboekslypskool en word een van LitNet se outeurs. Lees hier meer oor haar.
Louise Schoeman: Hierdie slypskool was uitdagend en heerlik. Ek het so baie geleer, ook van myself in terme van die skryfproses. Tot nou toe was ek maar ‘n baie lui skrywer wat relatief maklik woorde op papier kon sit en met min verdere moeite tevrede was. Nou besef ek eers hoeveel ure se werk aan een gedig nodig is om dit enigsins meer as net ‘mooi woorde in ‘n ry’ te maak. Die ontleding van die meesterdigters in ons taal se gedigte het daardie besef net verder versterk. My ma onthou dat Opperman dikwels in die klas gesê het: “Dig is 10% inspirasie en 90% perspirasie”. Inderdaad.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.