Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Jy dra 'n wa-vrag stories in jou – flitse van herinnering, toneeltjies wat jou blybly, mense wat jou hart (of kop) nooit vergeet nie. Hierdie kursus help jou om dit alles vas te vang in die fyn kuns van die skets: kort, kragtige prosastukke wat lewe gee aan oomblikke, mense en plekke.
In hierdie kreatiewe, prettige skryfkursus leer jy hoe om:
-
met fyn waarneming en detail die gewone besonders te maak,
-
karakters en stemme te slyp in slegs ’n paar paragrawe,
-
temas natuurlik te laat ontvou sonder om te preek,
-
en sketse te groepeer tot ’n samehangende, publiseerbare bundel.
Of jy ’n dromer, ’n dapper amateur of al ’n bietjie meer gevorderd is — hierdie kursus gee jou die inspirasie én praktiese leiding om aan jou eie sketsbundel te begin bou.
Skryf saam. Skep saam. Skitter saam. Jou bundel begin met een skets. Kom ons begin!
-
Inleiding: Wat is 'n skets?
-
Definisie en grense van die literêre skets
-
Verskille tussen sketse, essays, kortverhale
-
Voorbeelde uit bestaande bundels
-
Hoe om met "skrywersoë" te kyk: detail, atmosfeer, tekstuur
-
Gebruik van sintuie, lig en kleur in beskrywings
-
Oefeninge in terugblikke
-
Wie praat in jou skets, en met watter doel?
-
Eerste-, tweede- en derdepersoon: effekte en uitdagings
-
Humor, nostalgie, ironie, emosie - wanneer om watter toon te gebruik
-
Hoe om mense te skets sonder om hulle te "verduidelik"
-
Liggaamstaal, spraakritme en aksies as karakterbouers
-
Wat weggelaat word, spreek soms die hardste
-
Skets as "oomblik in tyd" vs tydspronge
-
Gebruik van subtiele tydsmerkers
-
Hoe om temas natuurlik te ontwikkel
-
Groepering van sketse: kontraste, oorgange, afwisseling
-
Selfredigering en herskryf
-
Manuskripafhandeling en publikasiemoontlikhede
Volledige
studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (80 bladsye)
-
6 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
Bundel met publiseerbare sketse
-
Manuskripbeoordeling van volledige bundel*
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids:
Skryf korrekte Afrikaans met flair
• Markdatabasis
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Voltooide bundel met sketse
* Slegs volledige bundels kom in aanmerking vir manuskripbeoordeling
Skryf NOU in en ontvang jou
kursusmateriaal direk na betaling
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.