SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Skryf jou eie RESEPTEBOEK

Vra vriende of familie jou gereeld vir afskrifte van jou resepte of stel selfs voor dat jy jou resepte in ‘n boek saamstel sodat almal daarin kan deel?

 

Of miskien het jy net lus om jou staatmaker-familieresepte in boekvorm vir jou kinders en kleinkinders te verewig?

 

Kortom, as jy ‘n passie vir bak en brou het, kan jy 'n resepteboek saamstel wat 'n familie-erfstuk kan word!

 

In hierdie praktiese en inspirerende kursus wys ons jou hoe om meer as net bestanddele neer te pen. Jy leer hoe om resepte helder en leesbaar neer te skryf, hoe om jou unieke stem en herinneringe in te weef, en hoe om jou eie resepteboek – vir publikasie of vir jou nageslag – tot lewe te bring. Of jy nou van ’n kleurryke kombuismemoir droom, ’n stylvolle resepteboek wil uitreik, of ’n persoonlike geskenk wil skep, hierdie kursus gee jou die gereedskap én die selfvertroue om dit te doen.

 

Skryf. Proe. Deel. Jou storie begin hier.

 

Duur: 3 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

 

Klassifiseer jou resepte: tradisioneel, familieresepte, gespesialiseerd

• Bestanddele vir ‘n respteboek wat kóók

• Vir wie skryf jy die resepteboek?

• Hoe om ‘n resep soos ‘n professionele sjef te skryf

•  Hou dit outentiek en eksklusief

•  Beplan die struktuur van jou boek, kies jou visuele styl en orden jou inhoud.

•  Skep jou inhoudsopgawe: afdelings, temas of seisoene

•  Titels vir resepte: beskrywend, speels, nostalgies?

•  Ontwerp jou boek: uitlegopsies (Word, handgeskrewe, fotoboek, ens.)

•  Beeldmateriaal: wanneer en hoe om foto’s of illustrasies in te sluit

•  Werk met konsekwente formaat: een styl vir alle resepte

•  Redigeer, toets en finaliseer jou resepteboek vir publikasie of bewaring.

•  Selfredigering: hoe om jou eie resepte duideliker en gebruikersvriendelik te maak

•  Laat toets deur familie of vriende

•  Skryf ’n voorwoord, naskrif of dankwoord

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (50 bladsye)

  • Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus jou eie resepteboek te kan toon

  • 1 reseptemanuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

  • Hulpdokumente, template

  • Manuskripbeoordeling van volledige manuskrip*

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

Templaat: Boektemplaat 

Spesiale verslag: Selfpublikasie 101

Templaat: Resepte

 

Toelatingsvereistes

Goeie skryfvaardighede

Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Voltooide resepteboekmanuskrip

 

* Slegs volledige/voltooide manuskripte word beoordeel.


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse