SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Het jy al ooit gewonder watter soort skrywer jy regtig is? Hou jy van raaisels oplos, mense laat lag, lesers laat huil… of dalk alles tegelyk? Hierdie kursus is jou kans om in die węreld van verskillende skryfgenres te duik en jou natuurlike stem en voorkeurstyl te ontdek – sonder die druk van reg of verkeerd. Dis soos ’n proesvol proe-platjie vir skrywers: romanse, rillers, speurverhale, memoirs, satire, kinderboeke en meer!

Hierdie kursus is nommerpas is vir elkeen wat nog altyd wou skryf, maar nie geweet het waar om te begin nie – of wat dalk reeds skryf, maar op soek is na nuwe inspirasie of vars rigting. In hierdie speelse en toeganklike kursus maak ons saam kennis met die eienskappe van gewilde genres, probeer dit self uit met kort en lekker oefeninge, en ontdek waar jy tuis voel... of dalk waar jy die meeste durf het om iets nuuts te waag.

Dis lig. Dis lekker. Dis leersaam. En jy kan selfs iets van jouself ontdek wat jy nooit verwag het nie. Hierdie kursus is jou paspoort na die breë węreld van skryf – waar jy nie net jou genre vind nie, maar ook jou unieke stem.

Skryf sonder vrees. Skryf met vreugde. Skryf jouself vry.

Duur: 3 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

R500 X 3

 

 

Module 1: Essays

  • Inleiding tot die narratiewe essay

  • Waaroor wil jy skryf?

  • Die rol van 'n joernaal

  • Tegnieke om te gebruik wanneer jy skryf

  • Struktuur, lengte en formaat

 

Module 2: Kortverhale

  • Kenmerke en vereistes van 'n kortverhaal

  • Karakterisering en karaktersketse

  • Die funksie van die verteller

  • Perspektief, dialoog en beskrywing

  • Plot en intrige

  • Skryf jou verhaal

 

Module 3: Poësie

  • Hoe om 'n gedig te ontleed

  • Woordgebruik

  • Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, argetipes, parodie, klank en betekenis

  • Waar en hoe vind jy inspirasie en idees?

  • Die poësiebedryf ontleed

  • Kopiereg

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (80 bladsye)

  • 3 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 1 kortverhaal, 1 gedig, 1 essay

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Marktedatabasisse vir kortverhale, artikels, essays en gedigte  

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

 

Minstens 65% + 1 kortverhaal, 1 essay en 1 gedig


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse