Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Van inspirasie tot publikasie - jou eie digbundel
Het jy ’n kop
vol gedigte en ’n hart wat klop met woorde wat gespreek wil word?
Droom jy daarvan om jou eie digbundel saam te stel, maar weet nie
waar om te begin nie – of hoe om die proses van redigering,
samevoeging en publikasie te navigeer nie?
Hierdie kursus is vir jou.
Of jy nou ’n nuwe stem in die digkuns is, of reeds met verskeie enkelgedigte sit wat jy in bundelvorm wil omskep, sal hierdie kursus jou lei deur elke fase van die digbundel-skryfproses – van die aanvanklike kreatiewe vonk tot die laaste leesteken op die finale bladsy.
Hierdie kursus is ideaal vir:
-
Nuweling-digters wat hul werk ernstig begin opneem
-
Digters met bestaande gedigte wat'n bundel wil saamstel
-
Engiemand wat hul poëtiese stem wil slyp en met die wêreld deel
Skryf is nie net ’n daad van skepping nie – dit is ook ’n daad van versameling, keuse, ordening en afronding. In hierdie kursus help ons jou nie net omgedigte te skryf nie, maar om ’n volledige en oortuigende digbundel te bou wat iets sê – en bly sê.
Duur: 3-5 maande
Modules: 5 modules
Kursusfooi: R4,000
Afbetalingsopsies |
R2,000 x 2 |
R1,333 x 3 |
R1,000 x 4 |
• Ontdek jou unieke stem en tematiese fokus as digter.
• Wat beteken dit om ’n digter te wees?
• Die belang van stem, perspektief en toon
• Tematiese soekligte: Wat wil jy sê?
• Digterlike tegnieke en stylfigure
• Begryp en pas sleutel-tegnieke van poësie toe.
• Beelding, klank, alliterasie, assonansie, enjambement
• Vrye vers vs gestruktureerde vorms
• Simboliek en ondertone in digkuns
• Die digbundel as kunsvorm
• Verken die struktuur en samehang van ’n volledige bundel
• Die bundel as narratief of tematiese reis
• Groepering van gedigte
• Oorgange en herhalingsmotiewe
• Titels en afdelings
• Ontwikkel ’n redigeerproses wat kreatief én krities is.
• Eerste weergawe vs finale weergawe
• Objektief lees van eie werk, kritiek ontvang en toepas
• Formatering en leestekens in poësie
• Afronding van jou bundel
Volledige
studiepakket
-
Omvattende kursusnotas (100 bladsye)
-
Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare manuskrip te kan voorlê
-
20 gedigte wat deur jou opleier nagesien word
-
1 digbundel bestaande uit minstens 15-20 gedigte waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word
-
Werkkaarte, template
Manuskripbeoordeling van voltooide digbundel*
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
• Stylgids:
Skryf korrekte Afrikaans met flair
-
• Databasis: Poësiemarkte
-
• Digterswoordeboek
• Spesiale verslag: Hoe om 'n gedig te ontleed
• Templaat: Digbundeltemplaat
• Template: rymskemas en digvorme
• Spesiale verslag: Selfpublikasie 101
Toelatingsvereistes
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes
Voltooide boekmanuskrip
* Slegs 'n VOLTOOIDE digbundel kom in aanmerking vir die gratis manuskripbeoordelingsdiens.
Skryf NOU in en ontvang jou
kursusmateriaal direk na betaling
Wil jy slegs aan 'n paar van jou skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.