SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Studente, skuif nader ...

Wil jy graag jou graad of diploma met lof verwerf? Of dalk jou skryfvermoëns opskerp voordat die moeilike akademiese jaar in alle erns wegspring?

Dan is hierdie kursus noodsaaklik. Veral eerstejaars wat vanaf die eerste dag op universiteit of kollege hul akademiese rekord op 'n hoë noot wil afskop, sal hierdie kursus nuttig vind want laat ons nou maar eerlik wees: om werkopdragte op universiteit of kollege suksesvol te voltooi, verskil wêrelde van die skoolopstelle en take waarin jy nog die vorige jaar so uitgeblink het. Daar's allerhande tierlantyntjies waaraan jy nog nie eens gedink het nie, maar wat alles punte tel.

Dié kursus leer jou alles - van die inhoudsopgawe tot paragraafstrukturering, die slot en jou bibliografie. Alles wat jy benodig om 'n A+-uitslag te kry - élke keer.

Duur: 1 maand

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R500

 

  • Hoe om navorsing te doen

  • Lees krities

  • Notas en ander navorsingsmetodes

  • Vermy plagiaat

  • Hoe universiteitsopdragte verskil van skoolopstelle

  • Identifiseer en verstaan jou opdragtema

  • Organiseer jou inligting

  • Struktuur van 'n akademiese essay

  • Suksesvolle paragrawe en oorgangstegnieke

  • Standaard werkopdragstyle

  • Die inhoudsopgawe

  • Die inleiding

  • Die middel

  • Die argument

  • Die gevolgtrekking

  • Die slot

  • Voetnotas

  • Bibliografie

  • Jou skryfstyl

  • Korrekte gebruik van aanhalings, leestekens, grammatika

  • Aanbieding

  • Proeflees- en redigeringswenke

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (40 bladsye)

  • 3 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

• Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke     

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

65% en/of voltooide werkopdrag

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse