SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

 

 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Professionele Dienste

1. Algemene vrae oor ons redigeringsdiens

2. Kwaliteit en styl

  • Hoe weet ek watter soort redigering my manuskrip benodig? Wat jy benodig, hang af van jou manuskrip se toestand en jou doelwitte. Hier is 'n kort oorsig van die verskillende soorte redigering:

  • Ontwikkelende redigering – Fokus op struktuur, inhoud en logiese vloei. Ideaal vir vroeë konsepte.

  • Inhoudelike redigering – Verbeter leesbaarheid, toon en konsekwentheid.

  • Teksredigering – Sorg vir grammatika, spelling en styl volgens 'n spesifieke gids.

  • Proeflees – Laaste foutkontrole voor publikasie.

  • Volledige proeflees en redigering – Vervat  al  bogenoemde  vlakke van redigering en waarborg ‘n persklaar manuskrip.  

As jy onseker is, kan ons jou manuskrip teen ‘n afslagfooi evalueer en die beste redigeringsvlak aanbeveel. Klik hier vir meer inligting oor manuskripbeoordeling.

  • Hoe verseker julle die akkuraatheid en konsekwentheid van die redigering? Ons gebruik beproefde redigeringstegnieke en stylgidse om 'n professionele en konsekwente teks te lewer. Ons verseker ook feitelike akkuraatheid. Ons herskryf géén teks nie, maar verskaf wel riglyne om swak punte in die teks te verbeter.

  • Pas julle die redigering aan by 'n spesifieke stylgids? Ja, ons kan volgens spesifieke stylgidse soos die Harvard-, APA- of Chicago-styl werk, asook enige plaaslike of universiteitsstylgids.

  • Kan julle help met spesifieke terminologie vir my veld of bedryf? Absoluut! Ons pas redigering aan vir verskeie vakgebiede, insluitend akademiese, regs- en besigheidsterminologie. Ons beskik ook toegang tot verskeie vakwoordeboeke en -terminologie.

  • Hoeveel interaksie is daar met die outeur gedurende die redigeringsproses? Ons kan so betrokke wees as wat jy verkies – van eenvoudige redigering tot samewerking deur terugvoer en regstellings, asook uiteindelike publikasiehulp. Jý besluit hoe betrokke ons moet wees.

3. Fooie en betalings

4. Praktiese aspekte

5. Spesifiek vir akademiese skryfwerk

  • Maak julle seker dat die teks aan akademiese stylvereistes voldoen? Ja, ons fokus op akademiese toon, verwysing en struktuur. Ons gebruik ook jou of jou universiteit se stylgids en bronverwysingstruktuur.

  • Kan julle help met bronverwysings en bibliografieformatering? Definitief! Ons kan bronne volgens APA, Harvard, Chicago of ander vereiste style formateer.

  • Is julle bewus van plagiaatreëls en hoe om dit te voorkom? Ja, ons kan jou help om jou teks so oorspronklik en eties korrek as moontlik te hou. Ons toets dit ook met twee aanlyn plagiaattoetsers om seker te maak.

  • Verskaf julle ‘n redigeringsertifikaat? Ja, ons verskaf ‘n redigeringsertifikaat wat bevestig dat jou werk finaal geredigeer is. 

                   

Stuur jou manuskrip aan ons  

  


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse