Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde
Hoe werk SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse?
Aanlyn studies raak wêreldwyd ál meer gewild danksy hul bekostigbaarheid, gerief en persoonlike opleidingsmetodes. By SA Vryskutskrywer bied ons skryfkursusse aan wat spesifiek met hierdie voordele in gedagte ontwikkel is. Ons opleiding is prakties, professioneel en op die man af – sonder onnodige omslagtigheid.
Hier volg 'n paar aspekte van ons skryfkursusse:
þ Persoonlike begeleiding en mentorskap
Ons opleiers is ervare skrywers wat jou van bladsy een af help om jou eie skryfstyl te ontdek en te slyp. In ons intensiewe een-tot-een opleidingstelsel is jy nie net ‘n student nie, maar ‘n mede-skrywer. Selfs ná die voltooiing van jou kursus bly jy deel van ons netwerk en gemeenskap.
þ 100% aanlyn – studeer enige plek, enige tyd
Ons
kursusse en kommunikasie geskied volledig aanlyn via
e-pos. Dit beteken geen gesukkel met poskantore, lang
wagtye of ekstra koste vir drukwerk nie. Jy kan jou
studies aanpas by jou eie leefstyl en tydskedule.
þ Vinnige toegang tot studiemateriaal
Sodra jy geregistreer en jou kursusfooi betaal het, ontvang jy binne 48 uur jou volledige kursusmateriaal, saam met ‘n amptelike verwelkomingbrief van jou persoonlike opleier. Jy kan dus onmiddellik begin leer en skryf.
þ Gratis hulpmiddels en waardevolle bronne.
Elke kursus sluit bykomende hulpmiddels en/of studiemateriaal in wat jou leerervaring verbeter. Ons glo dat ‘n goed toegeruste student ‘n suksesvolle skrywer word.
þ Erkenning vir jou prestasie
Ná voltooiing van jou kursus ontvang jy ‘n sertifikaat as bewys dat jy die opleiding suksesvol afgehandel het – ‘n waardevolle toevoeging tot jou CV of portefeulje.
Of jy ‘n beginner-skrywer is of jou bestaande vaardighede wil slyp, ons kursusse bied jou die regte gereedskap en ondersteuning om jou skryftalent te ontwikkel.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.