SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfmekka

Géén vryskutskrywer kan genoeg inligting rondom skryfmarkte bekom nie. Daarvoor is ons bedryf net té wisselvallig omdat redakteurs en publikasies kom en gaan.

Kontak ons met enige bedryfsnuus.


 

Associated Media Publishing sluit sy deure

Donderdag 30 April 2020

Associated Media Publishing, die uitgewer van Cosmopolitan, House & Leisure, Good Housekeeping and Women on Wheels, sluit op Vrydag 1 Mei sy deure permanent vanweë die "verwoestende" impak van Covid-19, wat daartoe gelei het dat drukwerk en verspreidingskanale gesluit is.

"Dit is die moeilikste besluit wat ek nog ooit moes neem," het die uitvoerende hoof, Julia Raphaely, gesê in 'n verklaring wat Donderdag uitgereik is. "Ons het nooit gedink dat hierdie dag sou aanbreek nie, maar ons het geen keuse nie."

Associated Media Publishing is in 1982 van stapel gestuur deur die tydskrifdoyenne, Jane Raphaely, wat later die leisels aan haar dogter, Julia, oorhandig het.

Sedert die begin van die Covid-19-pandemie was daar 'n wêreldwye afname in advertensiebesteding. Media-ondernemings kon ook nie geld verdien uit die aanbied van geleenthede nie.

- Bron: fin24

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse