Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
Mentorskap
Marelize King se twee kortverhale, Ontnugtering in Kaïro en Kersboompie sonder tinsel, wat sy vir die INK Skryf in Afrikaans-kompetisie ingeskryf het, word gekeur vir publikasie in die bloemlesing, INKSPRAAK4. Daar was 146 inskrywings.
Nico van Rensburg: Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om jou te bedank met jou hulp met die skepping van
DOLLARS EVENTUALIS. Jy sal onthou dat ek ‘n kursus van jou bestel het en ek het my eerste storie vir jou aangestuur het. Jy was seker van jou saak dat daar ‘n behoefte vir sulke regstories bestaan. Jou kommentaar was baie kort en kragtig en het daarop neergekom dat dit nie ‘n kuns is om feite te skryf nie maar die kuns is om stories te skryf wat die mense kan en wil lees. Na die derde probeerslag het jy gesê dat ek kan skryf en nie ‘n kursus nodig het nie. Dit was seker een van die beste komplimente wat ek ooit gekry het. Jy was die direkte oorsaak dat ek my talent om stories te vertel kon ontdek en ontwikkel. Daarvoor sal ek jou altyd dankbaar voor bly. Jy het daarna my stories op ‘n baie professionele wyse geredigeer en ek het die manuskrip ingestuur. Dié beskeie begin het gelei tot my boek DOLLARS EVENTUALIS wat deur Naledi Uitgewers uitgereik is. Nogmaals baie dankie.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.