Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne
Vra 'n kenner
As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.
Dis met dié tipe vryskuttameletjies in gedagte dat ons verskeie kenners op hul gebiede genader het om indringende vrae te beantwoord en kwessies op te los.
As jy enige vrae of kwessies wat met die bedryf van jou vryskutbesigheid te make het, stuur gerus 'n boodskap om antwoorde te kry. Maak asseblief net seker dat jy jou vraag baie duidelik omskryf.
Kan Kunsmatige Intelligensie (KI) my as skrywer vervang?
Die nuutste gonswoord is deesdae kunsmatige intelligensie (KI) en tereg ook. Oral waar jy op die internet kyk word jy hiermee gekonfronteer. Een helfte van die wêreld omhels dit as ‘n fantastiese idee, terwyl die ander helfte mor dat dit gewone mense se lewens gaan omkeer en hul werk steel. Aan wie se kant moet ons as skrywers dan wees?
Tussen die boom en die bas, lyk dit my.
die volledige antwoord hier.
Hoe doen mens navorsing vir jou nie-fiksieboek?
Navorsing is die belangrikste aspek van ‘n boek en kan die eindproduk maak of breek. As jy nie genoeg navorsing gedoen het nie, gaan jy nie genoeg feite hê om dit interessant te maak nie.
Hoe jy dus te werk gaan om jou navorsing bymekaar te kry, is uiters belangrik. Dit is makliker om jou bronnelys by te werk terwyl jy skryf as om die manuskrip, nadat dit voltooi is, te vat en elke bron te probeer naspeur. ‘n Mens sukkel om te onthou waar jy die inligting vandaan gekry het – veral maande nadat jy dit geskryf het!
Klik hier om die res van die antwoord te lees.
Ek
skryf gereeld kortverhale vir vrouetydskrifte. Ek het een verhaal wat in 'n
spesifieke tydskrif verskyn het, later verander en ontwikkel na 'n
vervolgverhaal vir 'n ander tydskrif. 'n Redakteur het my van selfplagiaat
beskuldig en weier nou om ooit weer van my verhale te publiseer! Ek het glad nie
geweet daar bestaan so iets soos selfplagiaat nie?
Die idee van selfplagiaat klink amper belaglik, maar blykbaar is dit 'n werklike probleem wat gevolge het. Maar ‘n mens kan nie verhelp om te vra nie: is dit regtig moontlik of eties om van jouself te steel?
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.