SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne

Vra 'n kenner

As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.

Dis met di tipe vryskuttameletjies in gedagte dat ons verskeie kenners op hul gebiede genader het om indringende vrae te beantwoord en kwessies op te los.

As jy enige vrae of kwessies wat met die bedryf van jou vryskutbesigheid te make het, stuur gerus 'n boodskap om antwoorde te kry. Maak asseblief net seker dat jy jou vraag baie duidelik omskryf.


 

Artikel: Selfplagiaat kan jy by jouself steel?

Nog nooit van selfplagiaat gehoor nie? Toemaar, jys beslis nie die enigste nie! Ek vermoed min skrywers weet eens dat daar so iets bestaan! Kom ons kyk dus of ons lig op hierdie vreemde idee kan werp.

Ons weet almal wat plagiaat is, nie waar nie? Kortliks kom dit daarop neer dat plagiaat of letterdiewery/-stelery die oorneem van idees en argumente uit n ander skrywer se werk is wat jy dan as jou eie voorhou. Dit beteken dus dat jy iemand anders se woorde gebruik, maar nie erkenning vir die leen daarvan gee nie. Jy misken derhalwe die oorspronklike skrywer se werk deur voor te gee dis jou eie slim brein wat alles uitgedink het terwyl dit in werklikheid iemand anders is wat reeds die dinkwerk gedoen het.

Dit is n beskrywing van plagiaat in n neutedop. Wat is selfplagiaat dan en waar pas dit in? n Kort definisie hiervan is dat dit die aanbieding is van werk wat alreeds, gedeeltelik of as geheel, voorheen ingedien is vir ʼn punt, die verkryging van ʼn graad, of vir publikasie, aldus Aletta Olivier in haar verhandeling, Plagiaat in die akademie (2010).

In leketaal beteken dit bloot dat selfplagiaat plaasvind wanneer n skrywer gedeeltes van sy of haar eie vroere werk in n nuwe werk gebruik sonder om te verwys na die oorspronklike inhoud.

Die idee van selfplagiaat lyk amper belaglik, maar blykbaar is dit 'n werklike probleem wat gevolge het. Maar n mens kan nie verhelp om te vra nie: is dit regtig moontlik om van jouself te steel?

Wanneer dit by tydskrifskryfwerk kom is dinge nie t ingewikkeld nie. Dit is algemene praktyk om n artikel se eerste regte aan een publikasie te verkoop en dit op te volg met herdrukregte aan ander tydskrifte. Dit beteken dus dat, nadat jy die eerste keer jou artikel aan n publikasie verkoop het, jy heeltemal geregtig is om dieselfde artikel aan n ander publikasie ook te verkoop mits jy hulle inlig dat hulle dit nie eerste kry nie. Ek weet van n vryskut wat dieselfde artikel deur die loop van n paar jaar dertig keer verkoop het aan verskillende publikasies en ook onder sy eie naam. En daar is geen fout mee nie, want hy bied openlik herdrukregte aan. Daar kan dus geen verwarring by die kopers ontstaan nie.

Dit blyk dus dat n mens tot n mate by niefiksie met selfplagiaat kan wegkom indien jy eerlik is en ook indien jy jou markte sorgvuldig kies.

Maar nou het ons nog nie die tameletjie van selfpublikasie opgelos nie. Die groot vraagstuk op almal se lippe is of dit eties is om by jouself te steel? Baie mense kan nie glo dat daar n debat kan wees van of jy by jouself kan steel of nie. Ander, weer, sien dit as n teenstrydigheid met kreatiwiteit.

Die rede vir hierdie konflik is die aard van plagiaat self. Die woord "plagiaat" kom van die Griekse stamwoordbetekenis wat "ontvoer" beteken. Die idee agter plagiaat is dat jy jou woorde van elders "steel". Maar met selfplagiaat is daar nie so n "ontvoering" nie want jy skryf mos jou eie naam by jou eie woorde...

Skielik is dit nie net die stamwoordbetekenis van plagiaat wat Grieks is nie... die hele argument lyk nou so!

Met geen leuen van outeurskap en ook geen plagiaatslagoffer nie aangesien geen derde party die teiken van letterdiewery was nie sien baie mense selfplagiaat as n nie-bestaande misdaad en n wettige kortpad in n gejaagde lewe.

Maar... selfplagiaat gaan tog gepaard met n mate van oneerlikheid, veral in sommige gevalle.

Die probleem is dat, wanneer 'n skrywer 'n nuwe werk voorl, dit algemeen aanvaar word dat dit algeheel nuut en oorspronklik sal wees. Dit skep dus n situasie waar die leser tot n mate mislei word oor dt wat hy lees. Die vraag is egter of dit werklik tot nadeel van die leserspubliek is aangesien dit duidelik en sterk van situasie tot situasie verskil.

Wanneer sou dit dus aanvaarbaar wees om jou eie woorde te steel en wanneer nie? Kenners is dit eens dat daar gn verskoning by akademiese geskrifte is nie. Die algemene verwagting is om met n verhandeling of akademiese geskrif te toon hoeveel jy geleer het. Om selfplagiaat te pleeg en vorige werk vir n nuwe opdrag weer te gebruik, beteken bloot dat die doel van die opdrag niksbeduidend geraak het.

Aan die ander kant kan ou woorde weer nuut gemaak word in n kreatiewe omgewing, veral op n beperkte wyse aangesien dit dalk meer weens eerbetoon konsekwentheid kan wees as plagiaat.

Uiteindelik sal die debat oor die implikasies van selfplagiaat dalk vir ewig aanhou. Daar sal altyd voorstanders en teenstanders daarvan wees en skrywers wat n kortpad wil neem. Dit sal dalk beter wees as jy probeer om selfplagiaat sover moontlik te vermy want niemand kan ooit heeltemal seker wees wat n leserspubliek aan die een kant en skrywers aan die ander kant se verwagtinge is nie.

2016. Leoni Benghiat, SA Vryskutskrywer

Etienne van Heerden se roman Kikoejoe is een van die verbluffendste stukke selfplagiaat sedert I.D. du Plessis se dae. Neem daaruit weg die dele wat oorgeskryf is uit die verhaal "Die wederopstanding van Olive'' (uit sy bundel "Liegfabriek") en die novelle wat hy vir Kairos in Nederland geskryf het, "Die gas in rondawel Wilhelmina", dan bly daar 'n redelike skraal oes oor.

Krap nou nog verder, dan kom die leser agter dat die daar heelwat ander gegewens in die roman is wat voortborduur op sy vroere kortverhale en romans. Die Antjie Provee-geskiedenis sou al nageloop kon word in sy verhaal "Slap grensdrade'' (My Kubaan) en in Toorberg se skaamfamilie. Daardie stasie waarop die spoggerige Cowboy en sy perd afklim, trek weer baie sterk op die een wat voorkom in "Treine'' (My Kubaan) en dan ook in Toorberg.

Bron: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2000/01/08/4/5.html

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse