Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk
Besonderhede
E-posadres: vilien@mweb.co.za
Selfoon: 083 941 6613
Internet- en sosiale media: |
Dorp / Stad: Kaapstad
Provinsie: Wes-Kaap
Land woonagtig: Suid-Afrika
Professioneel
Media: Alle tipes manuskripte
Taalvaardigheid:
Afrikaans, EngelsSpesialiteitsveld:
Redakteur, skrywer, kopieskrywer, sosiale media-beampte, manuskripkeurder, taalversorgerBeroep:
Skrywer, taalpraktisyn, redakteurOndervinding / CV
• Professionele skrywer spesialisvelde: Geestesgesondheid, volhoubaar en stadig leef, inspirerende profiele, vrouesake
• Vaardighede: Produksie koördinasie en –bestuur; interpersoonlike kommunikasie; taalversorging & vertaling; skryf
• Verkorte CV:
-
Habari Media: Voltydse Besturende Redakteur (Mei 2023 tot nou): As die besturende redakteur van een van die oudste tydskrifte in Suid-Afrika (rooi rose), is dit vir my 'n eer en plesier om 'n rol te speel in die opheffing en bemagtiging van die vroue van ons land met inspirerende en leersame inhoud.
-
Habari Media: Voltydse Tweetalige Teksversorger (Okt. 2022 tot Mei 2023): Ek is verantwoordelik vir die keurige taalversorging van die tydskrifte rooi rose, Garden & Home en Bona. Dit sluit die nagaan van feite, vertaling van promosiemateriaal en sosialemediaplasings, proeflees en redigering in.
-
What's On in Cape Town/Joburg: Junior Inhoudsbestuurder (6 maande kontrak): Ek help mense om die beste Covid-vriendelike aktiwiteite en ander doendinge te vind.
-
one2love: Vryskut Kopieskrywer (2018-2021): Ek skryf en ontwikkel die kopie vir die sosialemediablaaie van die luukse safari-agentskap Robert Mark Safaris. Voor dit, het ek die kopie vir Foschini se blaaie help skryf.
-
Vryskut (2014-nou): Ek werk as ’n Afrikaanse proefleser, teksversorger, manuskripkeurder, vertaler, skrywer, blogger en produksie-assistent. Ek begin by NB Uitgewers vryskut as 'n manuskripkeurder en proefleser. Ek is ’n gasblogger vir die blog 9Lives en The Order of the Red Dress. Ek begin my eie blog, Life Seekers, en stig die Cape Town Book Club, wat ’n waardering vir lees help groei.
-
Lux Verbi/NB Uitgewers: Junior Redakteur (2012-2014): Ek leer hoe om ’n konsep in 'n gepubliseerde boek te omskep en dit te versprei. Ek koördineer boekprojekte en wys toepaslike medewerkers aan terwyl ek binne die begroting bly. Ek identifiseer nuwe markte en konsepte om aan die bemarking- en verkopespan voor te lê.
-
Huisgenoot/YOU-tydskrif (2011-2012): As leerlingjoernalis doen ek klein administratiewe en skryftake. Ek leer vinnig en word gou bevorder tot leefstylassistent. In dié tyd skryf ek talle artikels, inleidings en resensies. Ek woon bekendstellings by, waar ek bande smee om die tydskrif se netwerk uit te brei en ek reël mettertyd die jaarlikse skakelingsbyeenkoms. Teen middel 2012 werk ek as die kreatiewe vervaardiger van ’n klein tydskrif.
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.