Welkom by SA Vryskutskrywer - Slypskole
SA Vryskutskrywer het heelwat medewerkers en elkeen van ons se doelwit is dieselfde: om veral beginner-skrywers met raad en daad by te staan om hul skryfdrome te verwesenlik. Om hierdie ideaal te verwesenlik het SA Vryskutskrywer saamgespan met 'n paar Facebook-skryfgroepe - SA Skrywers, SA Kinderboekskrywers en SA Vryskutskrywer Skryfklub - om gereelde slypskole in die skryf van 'n roman en 'n kinderboek, asook 'n unieke poësietegniekekursus en 'n maandelikse rubriekslypskool, aan te bied.
Ons slypskole is deeglik, uiters bekostigbaar en gerieflik, want jy hoef nêrens heen te gaan nie; jy woon die slypskool via Facebook en e-pos vanuit die gerief van jou huis of kantoor by. En jy betaal maandeliks. Wat is makliker of meer bekostigbaar?
Romanslypskool
Duur van slypskool: 7 maande
Modules: 7 modules
Fooi: R400 per maand (volledige fooi: R2,800)
Slypskooldatum: Maart tot September 2022
Aanbieder: Elsabe de Beer (SA Skrywers)
Navrae: Kontak Elsabe de Beer
Maand 1
|
Inleiding Kies jou genre Elemente van 'n geslaagde roman Skryfoefening |
Maand 2
|
Beplanning van jou boek Organisering van materiaal Plots en basiese struktuur van 'n plot Beplan jou plot Skryfoefening |
Maand 3
|
Karakterisering Protagonis Anti-held Stel 'n karakterskets op Skryfoefening |
Maand 4
|
Agtergrond Dialoog Handeling Eerste toneel Milieu Skryfoefening |
Maand 5
|
Storielyne Skryfwenke Ruimte-uitbeelding Tydsbeelding Storielynwerkkaart Skryfoefening |
Maand 6
|
Skryf JOU storie
|
Maand 7
|
Redigering Afronding Publikasie
|
• Werkkaarte om beplanning te vergemaklik
• Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die slypskool
• Gedeeltelike manuskripbeoordeling
• Publikasiehulp
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.