SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Watter skrywer wil nie hê sy of haar skryfwerk moet dadelik aandag trek nie? Maar op die REGTE manier! Nie omdat daar so baie spel- of tikfoute in is nie!

Die maklikste manier om seker te maak jou skryfwerk trek vir al die regte redes aandag is om dit eers self te redigeer, want die persoon wat die beste weet wat in ‘n manuskrip moet aangaan, is mos die skrywer self, dan nie?

Selfredigering is buitendien noodsaaklik voordat jy die dienste van ‘n opgeleide, professionele redigeerder of proefleser nader. Die rede is omdat jy eers self jou hele storielyn (vir enige manuskrip, nie net fiksie nie) deeglik moet deurwerk. Dikwels is ‘n skrywer se werk só slordig dat die redigeerder nie heeltemal seker is wat aangaan nie. Dit kan dan tot ekstra onkostes lei of anders ‘n massiewe misverstand tussen die redigeerder en die skrywer ontketen. Hierdie scenario is algeheel voorkombaar as jy net die tien basiese riglyne vir selfredigering volg voordat jy jou manuskrip aan ‘n professionele redigeerder of ‘n uitgewer/publikasie stuur.

Duur: 3 maande 

Modules: 2 modules

Kursusfooi: R1,800

Afbetalingsopsies

R900 X 2

R600 X 3

 

• Waarom moet jy self redigeer?

• Hoe om ‘n teks te redigeer

• Spelling

• Perfekte leestekens

• Grammatika

• Oorgangstegnieke

• Laat jou teks lééf

• Wat is logiese vloei?

• Werkwoorde

• Konsekwente punktuasie

• Maak seker van die Afrikaans wat jy gebruik

• Styl – syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

• Grammatikale wenke

• Só redigeer jy poësie/tegniese skryfwerk/wetenskapfiksie/bloginskrywings/

roman/akademies

• Hulpdokumente

• Taalhandboek

• Algemene taal-tokkelossies

• Redigeringskontrolelys

• Manuskripformulering

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (50 bladsye)

  • Volledige riglyne vir jou eie manuskrip

  • Redigering van jou eie manuskrip waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

  • Hulpdokumente

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

• Kulblaaie (cheat sheets): Taalkwessies

• Inligtingsdokument: Gratis aanlynwoordeboeke     

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

Jou volledige manuskrip (afhangende van die soort en lengte) of 'n gedeelte indien dit 'n roman is

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar skryfaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse