SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 
Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons webwerf aan studente en kliënte se kommentaar en suksesverhale  afstaan ...

Manuskripredigering

Gepubliseerde boeke wat deur SA Vryskutskrywer geredigeer is. 

Akademiese redigerings deur SA Vryskutskrywer.

Ander redigerings deur SA Vryskutskrywer. 

Hantie Erasmus se twee gedigte is goedgekeur vir publikasie in die GHA-bundel, Stemme uit die Suiderland 9 (2014). Basiese kursus in Poësie

Heidi: Sjoe! Baie dankie, dit is 'n uiters treffende redenasie. En dankie vir jou moeite met albei kinders se praatjies - en dit op so 'n kort kennisgewing. Ek sal definitief weer van jou gebruik maak en seker maak ek vra jou vroeg genoeg sodat daar dié slag meer tyd is. Toesprake

Monica: Verskriklik baie dankie! Ek weet jy sal altyd 'n wen-toespraak skryf en dis hoekom ek elke keer op jou knoppie druk. Jy is 'n ster en fantasties! Toesprake

Liezel Lunenburg publiseer artikels in verskeie publikasies, skryf vryskut vir Maroela Media, kry 'n pos as vryskutjoernalis by Kerkbode en is ook by eKerk aangestel as rubriekskrywer. Christelike joernalistiek

Arno Reuvers: Jy sal nooit besef wat dit vir my beteken nie! Ek het dit baie nodig gehad om jou kursus te volg, en jou eerlike terugvoer was noodsaaklik om weer op dreef te kom. ABC van Kortverhale

Heidi: Sjoe! Baie dankie, dit is 'n uiters treffende redenasie. En dankie vir jou moeite met albei kinders se praatjies - en dit op so 'n kort kennisgewing. Ek sal definitief weer van jou gebruik maak en seker maak ek vra jou vroeg genoeg sodat daar dié slag meer tyd is. Toesprake

Mantie Coetzee-Smith (Teksredigering) bedryf 'n suksesvolle vryskutbesigheid as teksredigeerder.

Martin Bezuidenhout: Ek was my beste vriend se strooijonker en 'n maand voor die troue het ek regtig benoud begin raak omdat ek nie geweet het wat ek in my toespraak moes sê nie. Gelukkig het ek op SA Vryskutskrywer afgekom en op hulle generiese toespraak besluit. Ek was behoorlik in my noppies met die voltooide produk - 'n hele toespraak met plekke aangedui waar ek my eie inligting kon inwerk en 'n volledige voorskrif van hoe ek die toespraak moes aanpak. Die toespraak was 'n wenner! Toesprake

  Nog getuigskrifte en kommentaar

Vorige getuigskrifte en kommentaar

Ons sertifikaat-spogblad 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse